Skip to main content

Ons Storie

Ons Storie

4×4 Sport Toere vat jou waar min wiele nog ooit gedraai het. Hier los ons die teerpad agter en jaag die horison in — deur stofpaaie, klipklowe, modderspore en bergpasse wat jou hart vinniger laat klop. Van die ruwe hoogtes van Lesotho se bergpasse tot die eindelose duine van Namibië, die wilde kuslyne van Mozambiek en die verste uithoeke van die Cederberge, Ooskaap, Weskus en Swaziland… dít is waar ware 4×4-avontuur begin.

As daar ’n spoor is — volg ons hom.

Al wat jy nodig het, is ’n ordentlike 4×4 met laestrek (Low Range), ’n lus vir avontuur en ’n bietjie grit — die res hanteer ons.

Jou gids deur die onbekende? Arnold & Yolande Venter — met meer as 25 jaar se 4×4-ervaring en oor die 80 epiese toere saam met Francois Rossouw agter hulle naam. Agter die skerms hou Carina die roete op koers, met kaart en kompas in die hand, sodat elke ekspedisie van begin tot einde seepglad verloop.

Dis nie net ’n toer nie… dis ’n storie wat jy self gaan ry.