Luderitz na Walvisbaai 4×4 Kamp
Luderitz na Walvisbaai 4×4 Kamp
Toer Datum
Toer
Koste P/P
Toer Afstand
Tipe Verblyf
7 Dae van Avontuur, Natuur en Geselligheid
Ons is trots om ‘n unieke 4×4 avontuurreis deur die wêreld se oudste woestyn aan te bied, een van slegs 7 afgeleë wildernisgebiede wat nog op ons planeet oorbly. Ons reis deur die Namib tussen Lüderitz en Walvisbaai, voorheen bekend as “Diamantgebied nr. 2”. Plekke wat onderweg besoek word, sluit in Silvia Hill, Meobbaai, Conceptionbaai en Sandwichbaai. Woestynwild, asemrowende natuurskoon, ongerepte strande, verlate mynbounedersettings, kilometers se sandry en skeepswrakke is van die besienswaardighede langs die roete.
Toer Program
Dag 1 – Saterdag, 20 Junie 2026
Aankoms Obelix Gastehuis Luderitz
Die avontuur begin in Lüderitz waar die groep om 18:30 die aand voor die vertrek by Obelix Gastehuis @16:00 bymekaar kom vir ‘n inligtingsessie voordat die woestyn die volgende dag aangedurf word. Ons sal almal aandete @19:00 saam geniet (Volledige instruksies en paklys sal vooraf aan almal gestuur word.)
Dag 2 – Sondag, 21 Junie 2026
Luderitz – Suzie
Afstand: ± 80 km (eerste 30 km teerpad, dan grondpad)
Na ontbyt 7:00 Vertrek ons uit Lüderitz en ry ongeveer 30 km op die Lüderitz–Aus-hoofpad. Ons draai van die teerpad af waar die groot avontuur vir almal begin. Ons ry verby die “Stomneus Ford”. Die Ford het in die vroë 1960’s in die woestyn vasgesit. Die storie lui dat die bestuurder terug Luderitz gestap het vir hulp maar nooit weer terug gekom het nie. Slaan dan kamp op naby Suzie onder die sterre. Geniet n aandete @19:00.
Dag 3 – Maandag, 22 Junie 2026
Suzie – Sylvia Hill
Afstand: ± 100 km
Na n heerlike stewige ontbyt vat ons die sandpad noordwaarts verby Suzie en die Bulldozer (Die Bulldozer was in die vroë 1970’s daar gelaat toe n diamantproject in die gebied beëindig is. Oor die jare is gedeelte van hom onder die sad begrawe) Ons oorkruis die duinegordel, leer sandry en voertuigbeheer in sagte hand. Ons kamp onder die oop woestynhemel naby Sylvia Hill. Ons geniet weer aandete 19:00 saam.
Dag 4 – Dinsdag, 23 Junie 2026
Sylvia Hill – Kus
Afstand: ± 90 km
Na ontbyt gaan speel ons weer in die duine. Duine raak hoër en tegnieser, bestuurders se vaardighede word getoets. Ons ry tot by die kus, waar ons weer kamp opslaan en die mooiste sonsondergang oor die see beleef. Aandete is 19:00
Dag 5 – Woensdag, 24 Junie 2026
Kus – Meobbaai
Afstand: ± 100 km
Ons eet ontbyt – Duinegordel maak oop by Meobbaai. Ons besoek historiese diamantmyne: Holsatia, Charlottenfelder, Grillenberger. Leer meer oor die vroeë 1900’s se mynverlede. Ons slaan tente op naby Meobbaai vir n lekker woestynkamp. Aandete 19:00
Dag 6 – Donderdag, 25 Junie 2026
Meobbaai – URI Adventures se Sandwich-kamp
Afstand: ± 120 km
Na ontbyt besoek skeepswrakke Eduard Bohlen en Shawnee. Die roesbruin wrakke lê diep in die duinegordel – ‘n indrukkwekkende herinneringe aan die mag van die woestyn en die see. Dit is beslis een van die hoogtepunte van die dag, met ongelooflike fotogeleenthede en ‘n unike blik op die geskiedenis van die Namib-kus. Ons ry verby die Langewand waar reuse-duine in die see eindig. Die strandgedeelte word tydens laagwater aangepak. Ons kamp +/- 1.5 km van die see af by URI Adventures se Sandwich-kamp. Aandete word weer saam geniet 19:00
Dag 7 – Vrydag, 26 Junie 2026
Vertrek en Afsluiting
Na ons laaste ontbyt ry ons deur die beroemde Roller Coaster-duine, met die mees asemrowenste uitsig oor Sandwich Harbour. Ons eindig met 50 km strandry tot Walvis baai. Ons neem afskeid — ry stadig terug huis toe met ’n hart vol herinneringe en nuwe vriendskappe. Belangrike Inligting: Die gids behou die reg voor om roetes te verander indien weersomstandighede, voertuig- en/of bestuurderprestasie dit vereis.
Belangrike Inligting
- Reisversekering en mediese ontruiming: Deelnemers moet hul eie reisversekering en mediese ontruimingsdiens hê in geval van ‘n hartaanval of enige ander mediese noodgeval. Verskaf asseblief die besonderhede van hierdie inligting sodat ons weet wie om te kontak in ‘n noodgeval.
- Onder geen omstandighede sal ons gidsvoertuie ander voertuie uit die gebied sleep nie. In geval van ‘n voertuigbreuk sal die voertuig agtergelaat word
Sal voorsien word:
- Twee-rigting radios vir alle voertuie
- Gids & gidsvoertuig
- Windskuiling, stort & toiletgeriewe
- Een voertuig vir logistieke ondersteuning
- 2 Etes per dag (stevige ontbyt & aandete)
- Water (slegs vir kombuisgebruik)
Kliënte moet voorsien / bring: (GEEN SLEEPWAENS TOEGELAAT NIE!)
- Tente, matras, slaapsak / kombers, stoele (as jy ‘n ‘vrystaande’ tent gebruik, beveel ons canvas koepeltente aan aangesien dit meer geskik is vir die weerstoestande)
- Eie eetgerei & breekware
- Een sak hout per voertuig (+/- 30kg)
- Water vir eie gebruik (minimum 20 liter) & storting/wassery
- Drankies, koeldrank & peuselhappies
- Sterk vullissakke – Kliënte sal hul eie vullis/afval moet dra!
- Genoeg brandstof: Afstand om te dek ongeveer 650 – 680 km (Lüderitz – Walvisbaai)
Riglyn – Petrol voertuie: 2.5 – 3km / liter. Diesel voertuie: 4 – 5km / liter - Persoonlike items, soos medikasie, sonskerm, flits, kamera, batterye ens. • 4×4 Voertuie:
- Maak seker jou 4×4 is meganies in goeie toestand
- 4×4 voertuig moet toegerus wees met ‘hoë flotasie’ bande (geen buis tipe bande)
- Noodtoerusting, gereedskap & onderdele
- Herwinningspunt/haak – voor & agter
- Dakrakke mag slegs met maksimum gewig van 50kg gelaai word (bv. beddegoed of tente)
- Meer as een dakrak tent word nie toegelaat nie
- Pomp & drukmeter
Wat Jy Nodig Sal Hê
Om hierdie 4×4 toer te geniet, benodig jy:
- ’n 4×4 voertuig met laestrek (Low Range)
- Diesel voertuie moet ’n turbo hê
- Kampstoele vir stopplekke en middagetes
- Jou eie drankies en verversings