Skip to main content

Baviaanskloof 4×4 Toer

Baviaanskloof 4×4 Toer

Julie 2026
Toer Datum
6 Dae
Toer
Koste P/P
840+ KM
Toer Afstand
Lodges
Tipe Verblyf

6 Dae van Avontuur, Natuur en Geselligheid

‘n Onvergeetlike 6-dae avontuur deur die hart van die Baviaanskloof – ’n wêreld van ruwe bergpasse, diep klowe, asemrowende natuurskoon en ware 4×4 pret!

Hier ervaar ons die stilte van die natuur, die geskiedenis van die kloof, en die geselligheid van mede-avonturiers. Dis ’n toer waar stof, stories en sterre saamkom.

Alles is sorgvuldig beplan – van verblyf en etes tot roetes en interessante stopplekke. Volledige instruksies en paklys sal vooraf aan elke deelnemer gestuur word.


Toer Program

Dag 1 – Sondag, 12 Julie 2026

Ontmoet in Willowmore

Ons ontmoet by Willow Historical Guest House vir registrasie, verwelkoming en om mekaar beter te leer ken. Die toerleier gee ’n kort opsomming van die roetes en veiligheidsinligting vir die week. Aandete: by die gastehuis.


Dag 2 – Maandag, 13 Julie 2026

In die hart van die Kloof

Na ontbyt 07:30 vertrek ons 08:30 en vul brandstof aan voor ons deur die pragtige Nuwekloofpas ry. Ons besoek die Baviaans Interpretive Centre en beweeg daarna deur Raas Krans, waar toeterblasers mekaar tradisioneel gewaarsku het op die draaie. Ons stop by BaviJAANS Padstal vir n ligte middag ete, voor ons verder ry na Kamerkloof / Damserif. Ons bly in verskillende blyplekke aangesien Baviaanskloof beperkte slaapplek het wat groot genoeg is om almal op een plek te akkommodeer. Dit dra ook by tot die unieke en outentieke ervaring van die omgewing. Al ons etes word egter saam geniet by BaviJAANS Padstal, waar ons as groep kan ontspan, kuier en heerlike kos in ’n gesellige atmosfeer ervaar. 19:00


Dag 3 – Dinsdag, 14 Julie 2026

Rus en Vrede 4×4 Roete

Ontbyt 07:30, vertrek 08:30. Ons vat die Rus en Vrede 4×4-roete aan. Ons doen net die helfte van die roete anders land ons in Kareedow. Dis’n vol dag se avontuur deur asemrowende berge en valley. Middagete geniet ons op die roete met wegneem kospakkies wat ons ontvang het na ontbyt, met tyd vir foto’s en rus. Terug by ons verskillende slaapplekke en ete weer by BaviJAANS padstal wag ’n heerlike aandete 19:00


Dag 4 – Woensdag, 15 Julie 2026

Dieper in die Wildernis

Ontbyt 7h30,vertrek 8h30 na ons nuwe bestemming Kudu Kaya waar ons deur die westelike hek gaan in Baviaans Natuur bewarings area. (NB. Geen vuurwapens word toegelaat deur die park nie) Verder ry ons deur verskeie mooi passe soos Grasnek ens. Net voor Smitskraal ( bekende lang water kruising) geniet ons MIDDAG ETE by die Smitskraal piekniek plek. Daarna vertrek ons deur die Holgatpas (Terwyl daar geen presiese helling gespesifiseer word nie, word die Holgatpas in die Baviaanskloof beskou as een van die steilste en mees itdagende dele van die roete. Met sy verweerde sement stroke. * Skerp, kronkelende draaie: Die 4.7 km-pas het 49 draaie, met 10 van hulle wat skerper as 90 grade is. Dit vereis konstante maneuvers teen lae spoed.) Bo op die pas se plato besoek ons die Winston Roux kabel wat bo oor die kloof gespan is om sy produkte na die mark te neem. Dan beweeg ons aan deur die Suidelike hek van die Baviaans bewaring area na Kudu Kaya (Rustic rustige blyplek tussen die berge omring met sitrus boorde warm plaasadmosfeer en pragtige uitsig) waar ons bly vir die aand. Ons geniet weer aand ete saam. (Verblyf mag verander)


Dag 5 – Donderdag, 16 Julie 2026

Brakkenduine Roete

Ontbyt lekker vroeg 6:00, ons vertrek 7:00 oppad na die Brakkeduine roete vir die dag deur mooi klowe en paaie met mooi natuurskoon wat ons die dag sal besig hou. Ons begin teen 9h00 met die duine roete. Ons stop in die middag om ons kospakkies te geniet en sal teen ongeveer 16h00 terugkeer na Kudu Kaja. Ons gaan deur Humansdorp vir die wat brandstof benodig. (ons mag die verblyf verander)


Dag 6 – Vrydag, 17 Julie 2026

Afskeid deur die Paaie van Skone Natuur

Na ontbyt vertrek ons oor die indrukwekkende Bloukranspas, ’n asemrowende laaste rit deur die natuur. Die pad neem ons terug in die rigting van Natures Valley en George, waar almal in hul eie rigting verder reis – vol herinneringe aan ’n ongelooflike avontuur deur die Baviaanskloof.


Belangrike Inligting

  • Alle kostes is ingesluit: drie etes en verblyf. Jy moet net self sorg vir jou drinkgoed.
  • Ons verskaf tweerigting radios. Sorg dat daar n oopaanstekersok is om dit in te prop.
  • Ons stig ook n Whats App groep die dag voor julle vetrek. Laat weet op die besprekingsvorm indien jy nie op die groepie wil wees nie.
  • Elkeen is verantwoordelik vir sy eie Mediese Versekering.
  • NB: Ons behou die reg voor om veranderinge aan die program te maak as omstandighede dit vereis.
  • Kanselasie: Al die kostes is voor 30 dae alreeds oorbetaal aan al die verskillende instansies soos bv. Blyplekke, spyseniers, roetekostes ens. As julle binne 30 dae kanselleer, kan ons nie julle geld terug waarborg nie.
  • Kontant Betalings: As julle n kontant-oorbetaling doen, reken n 5% kontant deposito fooi in asb.
  • Kinders bo 13 betaal vol prys en tussen 4-12 – 50%

Wat Jy Nodig Sal Hê

Om hierdie 4×4 toer te geniet, benodig jy:
  • ’n 4×4 voertuig met laestrek (Low Range)
  • Diesel voertuie moet ’n turbo hê
  • Kampstoele vir stopplekke en middagetes
  • Jou eie drankies en verversings

Vorige Toere in Aksie

Navraag

Kontak Vorm