Toer Datum
Toer
Koste P/P
Toer Afstand
Tipe Verblyf
13 Dae van Avontuur, Natuur en Geselligheid
Dis tyd vir sandpaaie, sonskyn en soutwater! Hierdie is ‘n eksklusiewe trip wat net vir ons uitgewerk is met lekker blyplekke, ekstra uitstappies en baie tyd langs die mooi strande van Mosambiek. 12 Aande van n onvergeetlike avontuur en lekker 4×4. Ons bly op verskeie unike plekke – van strandhuisies tot rustieke lodges, en ja, dis deel van die avontuur dat ons huisies en badkamers moet deel. Dis mos Mosambiek-styl: eenvoudig gesellig en warmhartig. Ons begin elke dag met n heerlike ontbyt om energie te gee vir die dag wat voorlè, ons kry n heerlike middag-kospakkie vir wegneem en ook ons aandetes is ingesluit waar almal saam eet, lag en stories deel. Ons gaan by Komatipoort Grenspos in en kom by Kosibaai Grenspos uit.
Toer Program
Dag 1 – Donderdag, 14 Mei 2026
Aankoms by Komatipoort – Grenspos (Lebombo Border) – Makaneta Skiereiland
Ons ontmoet almal +/- 11:00 die oggend by die Engen Garage (Rissik Str Komatipoort) so 3km vanaf die Grenspos (Lebombo Border). Ons sal ook dan julle tweerigting radios vir almal uitdeel. Julle kan sommer daar julle geld ruil vir die wat nog moet. As almal deur die grenspos is ry ons na Tan n Biki op die Makaneta Skiereiland waar ons die aand gaan slaap gaan en n ete gaan geniet. Ons mag dalk die verblyf verander.
Dag 2 – Vrydag, 15 Mei 2026
Makaneta Skiereiland – Xai-Xai – Zona Braza
Ontbyt is 7:00 (kry kospakkies vir die dag) by dieselfde plek (Tan-n-bietjie) Nou kan ons verder ry (220 km) oor Xai Xai tot by Zona Braza (GPS Coordinates: 25° 0’43.67″S 34° 2’10.26″E) Waar ons gaan slaap vir die volgende twee aande. Aandete 19:00 in hulle restaurant.
Dag 3 – Saterdag, 16 Mei 2026
Zona Braza – Ou Hotel – Zona Braza
Na ontbyt 7:30 (kry kospakkies vir die dag) ry ons almal om na die ou hotel te gaan kyk en dan gaan speel ons bietjie op die duine. Aandete weer by Zona Braza
Dag 4 – Sondag, 17 Mei 2026
Zona Braza – Morrungulo
Na ontbyt 7:00 (kry kospakkies vir die dag) vertrek ons na Morrungulo Beach Resort 400 km. (Morrungulo GPS coordinate S23 14’00,80” / E35 29’31,00”) wat by die see is. Hier bly ons net een aand. Op pad stop ons by ‘n netjiese vulstasie met goeie geriewe. Hulle aanvaar die kredietkaart vir brandstof. Aandete is 19:00.
Dag 5 – Maandag, 18 Mei 2026
Morrungulo – Inhasorro – Laisse (Lula’s Paradise)
Ontbyt is 7:00 (kry kospakkies vir die dag) Daarna vertrek ons na Inhasorro 280 km. Hier verwelkom die blou waters van die Indiese oseaan ons. Ons ry 60km op die strand waarvoor ons die strand permit benodig van R2000,00 per voertuig (hierdie is ingesluit in die prys) Hierdie is so ‘n mooi plek met ‘n vol program dat ons drie aande by Lula’s Paradise bly. Aandete 19:00.
Dag 6 – Dinsdag, 19 Mei 2026
Laisse (Lula’s Paradise) – Inhasoro – Paradise Island – Laisse (Lula’s Paradise)
* Let wel die volgende twee dae se aktiwiteite mag omgeruil word afhangend van die weer asook gety.
Na ontbyt 7:00 ry ons strand langs tot by Inhasoro. Daar kry ons ‘n boot wat ons na Paradise Island ook bekend as Santa Carolina vat. Dit was voorheen n paradys, maar is nou net bouvalle. ( Daar was selfs n aanloopbaan) Dit vorm deel van die Bazarutu eiland streek met helderblou waters en spierwit strande. Hier gaan ons swem en snorkel en ‘n heerlike seekos ete geniet. Let wel indien die weer dit nie gaan toelaat nie, gaan ons die Pansie Eiland (die sandbank is oorlaai met mooi skulpe veral die beroemde “Pansy Shell”) besoek, waar ons ook kan kuier, eet, snorkel en swem. Dan gaan ons terug Lodge toe. Aandete 19:00.
Dag 7 – Woensdag, 20 Mei 2026
Laisse (Lula’s Paradise)
Ontbyt 8:00. (kry kospakkies vir die dag) Ons geniet vandag die Lodge en die see en strande. Ander aktiwiteite kan gereél word, of ons kan die dorp gaan bekyk. Skulpe kan by die smouse gekoop of geruil word. Aandete 19:00
Dag 8 – Donderdag, 21 Mei 2026
Laisse (Lula’s Paradise) – Inhambane – Paindane
Na ontbyt 7:00 vertrek ons na Inhambane 400 km. (kry kospakkies vir dag) Ons bly twee aande by Tan n Biki @ Paindane met sy pragtige strande en lekker visvangplekke. Ons kom laat middag eers daar aan. Aandete 19:00.
Dag 9 – Vrydag, 22 Mei 2026
Paindane
Ontbyt 8:00 (kry kospakkies vir dag) Vandag geniet ons die pragtig van die Mosambiekse strande waaroor die hele wéreld gaande is. Julle kan in die see gaan swem wat omring is met die mooiste rif. As julle gelukkig is kan julle dalk die walvisse sien, wat baie besonders is. Julle kan ook gaan snorkel of visvang. Aandete 19:00
Dag 10 – Saterdag, 23 Mei 2026
Paindane – Bilene
Ontbyt 7:00 (kry kospakkies vir die dag) Ons vertrek na Bilene (GPS coordinate S25.27.53 /E33.24.19) 400 km. waar ons by die Tsoveca Holiday Resort langs die 62 km meer in omtrek bly vir twee aande. Aandete 19:00
Dag 11 – Sondag, 24 Mei 2026
Bilene
Onbyt 7:00 (kry kospakkies vir die dag) Vandag gaan ons die duine aandurf en lekker speel en die ouens se bestuursvermoé toets. Hier speel ons ons harte uit in die sand. Die duine word vooraf gereél en toestemming word verkry. Ons gaan ook die grootste gedeelte om die meer ry. Aandete 19:00
Dag 12 – Maandag, 25 Mei 2026
Bilene – Kosibaai
Ontbyt 7:00 (Kry kospakkies vir die dag) Ons vertrek suid 400 km tot by Kosi Lodge by Kosibaai. Ons ry verby Maputo en oor die baie mooi nuwe brug . Die tyd hang af van die verkeer en die grenspos. Aandete 19:00
Dag 13 – Dinsdag, 26 Mei 2026
Vertrek en Afsluiting
Ontbyt 7:00 Nou vertrek ons na ‘n baie lekker vakansie elkeen op sy eie tyd in sy eie rigting. Pas net op vir die erge spoedbrekers op die teerpad en ry veilig terug.
Belangrike Inligting
Rande kan by baie plekke in Mosambiek gebruik word en kredietkaarte werk daar as jy dit voor die tyd laat merk by jou bank. Jy moet voor die tyd ‘n derdeparty versekering uitneem vir jou voertuig. Die besonderhede sal ons vir julle stuur saam met die nodige goed wat op jou voertuig moet wees.Ons voorsien tweerigting radios, maar jy moet sorg dat jy ‘n aansteker prop het om dit in te prop. Hulle werk nie deur ‘n “multiplug’’ nie.
Ons moet egter onthou dat hierdie Afrika is met Afrika tyd. Dinge gaan maar stadig, mense moet geduldig orals wees veral met restaurante, onthou hulle kry ook krag onderbrekings. Ek soek nie moungatte nie. Mosambiek is n 3de wéreld en BAIE mooi. Die bevolking is baie groot en al die skole is op die N1 (hoofpad deur Mosambiek) Daarom moet mens baie versigtig ry, daar is baie voetgangers (kinders) asook beeste langs die pad. Die spoedgrens is meeste plekke 100km, maar omrede met al die busstoppe en skole is die spoed dan sommer 40km tot 60km. Hou maar die spoed, en sorg dat jy jou bestuurslisensie, ID paspoort en die lisensiekwitansie en derde party van jou voertuig altyd by jou het.
By die grenspos by Komatipoort moet elkeen uitklim om sy paspoort te stempel. Jy benodig jou paspoort, voertuig papiere, rybewys en derdeparty wat julle by Outdoor Warehouse kan kry. Maak seker jou paspoort word gestempel anders is dit groot moeilikheid as jy wil uitkom. Jy moet ook ‘n klaringsvorm invul vir jou voertuig. Hou daardie vorm, want jy moet hom wys as jy uitkom. Ons weet nie wat die Covid reėlings op daardie stadium gaan wees nie, maar sal julle op hoogte hou. Nou gaan jul Mosambiek in.
Baie noodsaaklik. Elkeen doen sy eie papierwerk. Hou ook so R300 vir grensgelde. Jy betaal net as hulle dit vra. Moet asb nie enige hulp aanvaar van enige vreemdes nie. Ons sal ook moontlik vir julle n kontak persoon reél om te help by die grens. Sal nader aan die tyd vir almal stuur. Daar is 3 tolhekke tot by Xai-Xai: 1ste tolhek is Moamba Plaza +/- (174 meticas = R40). 2de tolhek is Maputo Plaza +/-(40 meticas = R13). 3de tolhek is Dag 2 by Xai-Xai. Dit werk nie altyd nie, maar as dit oop is dit +/- (50 meticas = R17) Hierdie tolhek prys verskil omrede dit afhang van die metica waardes
Die kostes vir die toer is R25850,00 per persoon vir die volle tyd met alles ingesluit,
behalwe julle grenspos kostes en tolhokke x2 plus/minus 600 meticas en drinkgoed.
- Enkel persone gaan 15% ekstra betaal as hulle nie ‘n dubbel kamer wil deel nie.
- Skakel die kantoor vir prys vir kinders onder 12 jaar.
- Kinder 12 jaar en ouer is volprys
- NB: Ons behou die reg voor om veranderinge aan die program te maak as
- omstandighede dit vereis.
Die toere raak vinnig vol bespreek en ons het altyd ‘n laaang waglys. Dis beter om lank voor die sperdatum u bevestigingsvorm en deposito in te stuur om u plek te verseker. Na die sperdatum gaan die mense op die waglys geplaas word. Ons plek is beperk omdat die meeste blyplekke net 26 mense kan vat
Kansellasies:
Al die kostes is voor 30 dae reeds oorbetaal aan al die verskillende instansies waarheen ons gaan, bv. Blyplekke en spesyniers. As julle binne 30 dae kanselleer, kan ons nie julle gelde terug waarborg nie.
Mediese Fonds:
Elkeen is verantwoordelik vir sy eie mediese versekering. Laat weet jou medies jy gaan landuit. Kry advies van jou dokter rondom medikasie vir Malaria en neem alle nodige medikasie saam op die toer.
Versekering:
Laat weet jou versekering jy gaan landuit. Neem ‘n afskrif van jou voertuig se registrasie vorm of ‘n afskrif van die vorm waarop die lisensie skyfie kom
(Finale reèlings word voor die toer deurgegee met al die nodige inligting wat om saam te vat, padaanwysings ens.) Ons stig n WhatsApp groepie waar almal op die groep mekaar se fotos deur die dag kan deel, en ook sommer lekker kan gesels.
Wat Jy Nodig Sal Hê
Om hierdie 4×4 toer te geniet, benodig jy:
- ’n 4×4 voertuig met laestrek (Low Range)
- Diesel voertuie moet ’n turbo hê
- Kampstoele vir stopplekke en middagetes
- Jou eie drankies en verversings