Skip to main content

Vlak 1 – Groen Spoor

Vir die nuweling wat stof wil proe

  • Grond- en gruispaaie
  • Ligte sand en modder
  • Geen tegniese hindernisse
  • Geen spesiale toerusting nodig nie
  • ’n Standaard 4×4 met laestrek word aanbeveel

Ideaal vir gesinne en eerste keer 4×4-avonturiers


Vlak 2 – Stofpad Avonturier

Jy’s nie meer nat agter die ore nie

  • Klipperige gedeeltes
  • Matige rivierkruisings
  • Steil opdraandes en afdraandes
  • Basiese herwinningkennis aanbeveel
  • Herwinningspunte op voertuig nodig

Vir die ou wat al ’n paar spore getrap het


Vlak 3 – Bergklimmer

Nou begin dinge ernstig raak

  • Tegniese klipkruip
  • Diep slote en kruis-asse
  • Uitdagende waterkruisings
  • Volledige herwinningstoerusting noodsaaklik
  • Geligte voertuig sterk aanbeveel

Vir ervare bestuurders wat nie skrik vir ’n uitdaging nie


Vlak 4 – Ekspedisie / Rooi Roete

Net vir die manne en vroue met staal in die are

  • Rowwe, ongetemde terrein
  • Hoë grondvryhoogte noodsaaklik
  • Wenches en touwerk waarskynlik
  • Volledige herwinningspakket verpligtend
  • Voertuigmodifikasies nodig

Nie vir beginners nie. Hier toets jy jouself én jou masjien.

Navraag

Kontak Vorm