Skip to main content

Ooskaapse Bergpasse 4×4 Toer

Ooskaapse Bergpasse 4×4 Toer

April 2027
Toer Datum
8 Dae
Toer
R 14450.00
Koste P/P
780+ KM
Toer Afstand
Hotel / Gastehuis
Tipe Verblyf

8 Dae van Avontuur, Natuur en Geselligheid

Daar is ‘n hele paar bekende en onbekende bergpasse in die gebied suid en wes van Lesotho wat gereeld gery word, maar as gevolg van veediefstal en veiligheid wil die boere nie die publiek op hulle privaat paaie en geheime passe toelaat nie. Nou het ons, n baie spesiale reėling met almal getref en ons gaan ‘n eenmalige toer doen wat die watervalle, riviere en bergpasse en baie privaat geheime behoorlik bekyk en beleef. Vanjaar se toer verskil heelwat van die vorige toere wat ons daar gedoen het. Ons kruis nooit die grens nie, maar ‘n paar keer gaan ons tot by hom. Ons slaap elke aand in ordentlike plekke en alle etes word voorsien. Dis ‘n sewe dae baie interessante toer wat jy nooooit sal vergeet nie. Ons gaan na die reėntyd , maar die riviere sal nog loop en die wěreld sal baie mooi groen wees.


Toer Program

Dag 1 – Sondag, 05 April 2026

Aankoms by Lady Grey

Ons kom almal 18:00 by Mountain View Country Inn Lady Grey bymekaar vir registrasie en daarna n lekker aandete. Ons slaap by Mountain View Country Inn(asook gastehuise as hotel vol is) (Finale instruksies word uitgestuur voor die toer met al die nodige besonderhede oor hoe om daar te kom asook wat om alles saam te neem vir die toer)


Dag 2 – Maandag, 06 April 2026

Lady Grey – Rhodes

Ontbyt by hotel. Ons vertrek vanaf Mountain View Country Inn en dan gaan maak ons n draai by die Sterkspruit Christian School vir tee/koffie en dan na Telle Bridge Grenspos by die samevloei van die Senqu rivier uit Lesotho en die Telle rivier wat saam die Oranje rivier vorm. Ons ry al langs die Telle rivier tot by Danger’s Hoek. Oor Lundeans Nek pas na Wartrail. Oor Vulunteers pas (daar is ‘n boksie waarin ‘n geldjie gegooi kan word vir die boere wat die privaat pad instand hou) Dan bo-op die rif na Tiffendellski-oord. Daarvan daan gaan ons met die baie styl Carlislehoek pas na Rhodes. Ons oornag in die pragtige geskiedkundige Rhodes Hotel waar ons ook aandete en ontbyt gaan geniet.


Dag 3 – Dinsdag, 07 April 2026

Rhodes – Khowa

Na ontbyt ry ons die pragtige Naude’s Nek Pas tot by die Tenahead Hotel. Hierdie Hotel is iets om te sien baie hoog in die berge. Nou vat ons die Naude’s Nek Pas weer af. Ons ry verby die hoogste fiksheid fasiliteit van Hilton Dunn in Suid Afrika, die “Alpine Swift Training” resort. Ry dan vanaf Rhodes oor die twee staalbruê terug tot by Mosjehsford en oor die Bottelnek pas tot by Mountain Shadows Hotel waar ons oornag vir twee aande.


Dag 4 – Woensdag, 08 April 2026

Khowa – Ugie – Khowa

Na ontbyt ry ons met die berugte Bastervoetpad pas na Ugie. Terug tot by Elliot waar ons brandstof vol maak en dan oor die Barkly Pas pad op ry tot by Mountain Shadows Hotel waar ons weer slaap en etes gaan geniet.


Dag 5 – Donderdag, 09 April 2026

Khowa – Ida – Clifford – Khowa

Na ontbyt ry ons weer met Barkly pas af na Elliot, dan na Ida waar ons die Otto Du Plessis pas tot by Clifford ry. Dan die Kraairivierpas, dan na die baie pragtige Joubertspas. Ons slaap weer by die Mountain View Country Inn Lady Grey


Dag 6 – Vrydag, 10 April 2026

KhowaFloukraal – Lady Grey

Vandag na n heerlike ontbyt maak ons ‘n draai by die monument waar die stoom passasiers trein in 1993 tydens ‘n fees by ‘n skerpdraai omgeval het agv spoed (Brandewyn het mos nie brieke nie) By die Karnmelk spruit pas kyk ons na die “train reverses” en die trein tonnel. Hier sou n groot brug oor die Kanyon gebou gewees het, waarmee die trein stelstelmatig van die lae deel na die hoog lande sou opklim. Ongelukkig het die skip gesink met die brug en kon die projek nie deur gevoer word nie. Hulle het toe die zic zac treinspoor teen die berg opgemaak, waar die trein sewe keer voorentoe en agtertoe gaan totdat hy bo kom. Daarvan ry ons die agterpaaie van die Kraai rivier, ry op verskeie plaas 4×4 roetes in die Floukraal distrik en besoek ook die LODGE wat hoog in die berg onder ‘n oorhang krans gebou is. Ons slaap weer in Lady Grey by Mountain View Country Inn en geniet aandete daar.


Dag 7 – Saterdag, 11 April 2026

Lady Grey – Morgenson – Lady Grey

Na ontbyt besoek ons Morgenson plaas langs die Oranje rivier en neem deel aan n gras indintifisering kompetisie, en ry baie styl pad af na die rivier waar ‘n groot dam in die rivier gebou sou word. Laaste aand slaap en eet ons weer by die Mountain View Country Inn in Lady Grey


Dag 8 – Saterdag, 12 April 2026

Vertrek en Afsluiting

Ontbyt 7:30. Hier eindig n baie lekker Ooskaap Bergpasse toer.. Almal sal haastig wees huis toe. Indien iemand nog n aand langer in die mooi hotel wil bly, laat weet Carina sy sal vir julle bespreek.


Belangrike Inligting

  • Alle kostes is ingesluit: drie etes en verblyf. Jy moet net self sorg vir jou drinkgoed.
  • Ons verskaf tweerigting radios. Sorg dat daar n oopaanstekersok is om dit in te prop.
  • Finale instruksies sal voor die tyd deurgegee word, i.v.m tyd en waar almal ontmoet die eerste dag, asook wat om alles saam te neem.
  • Ons stig ook n Whats App groep die dag voor julle vetrek. Laat weet op die besprekingsvorm indien jy nie op die groepie wil wees nie.
  • Elkeen is verantwoordelik vir sy eie Mediese Versekering.
  • NB: Ons behou die reg voor om veranderinge aan die program te maak as omstandighede dit vereis.
  • Kanselasie: Al die kostes is voor 30 dae alreeds oorbetaal aan al die verskillende instansies soos bv. Blyplekke, spyseniers, roetekostes ens. As julle binne 30 dae kanselleer, kan ons nie julle geld terug waarborg nie.
  • Kontant Betalings: As julle n kontant-oorbetaling doen, reken n 5% kontant deposito fooi in asb.
  • Kinders bo 13 betaal vol prys en tussen 4-12 – 50%
  • Laat weet ons kantoor indien julle wil saam en ons stuur vir julle die besprekingsvorm deur.

Wat Jy Nodig Sal Hê

Om hierdie 4×4 toer te geniet, benodig jy:
  • ’n 4×4 voertuig met laestrek (Low Range)
  • Diesel voertuie moet ’n turbo hê
  • Kampstoele vir stopplekke en middagetes
  • Jou eie drankies en verversings

Vorige Toere in Aksie

Navraag

Kontak Vorm