Skip to main content

Transkei Wildekus 4×4 Toer

Transkei Wildekus 4×4 Toer

September 2026
Toer Datum
7 Dae
Toer
R 14500.00
Koste P/P
900+ KM
Toer Afstand
Hotel / Lodge
Tipe Verblyf

7 Dae van Avontuur, Natuur en Geselligheid

Ons avontuur begin by die ikoniese Seagulls Hotel, waar die branders en vars seelug jou welkom heet. Van daar kruis ons die pragtige Wildekus — ’n wêreld van groen heuwels, afgeleë strande, diep rivierdales en egte plaaslike kultuur. Langs grondpaadjies, oor riviermondings en deur ongerepte landskappe ontdek ons die ruwe, ongetemde hart van die Oos-Kaap.

Ons reis eindig by Mbotyi Rivier Lodge, ’n paradys tussen die see en die woud, waar elke sonsondergang soos ’n skildery voel. ’n Onvergeetlike toer vol natuur, 4×4 avontuur en die soort stilte wat net die Wildekus kan gee.


Toer Program

Dag 1 – Sondag, 6 September 2026

Aankoms by Kei Mond (Seagull’s Hotel)

Ons kom almal net Noord van Kei Mond by SEAGULL’S HOTEL @ 18:30 bymekaar. Aandete en registrasie is half agt. Julle kan enige tyd vanaf 14:00 inboek.


Dag 2 – Maandag, 7 September 2026

Kei Mond (Seagull’s Hotel) – The Haven Hotel

Ontbyt is seweuur en agtuur sal ons tweerigting radios uitdeel. Vandag ry ons redelik ver en die dag gaan lank wees. Ons ry oor Dutywa en maak daar vol brandstof. Dan ry ons langs die skilderagtige Mbhashe rivier valleie af en verby Collywobbles en die dam en kragstasie met paadjies wat jou hoogste verwagtinge sal oorskry. Ons gaan wys ook vir julle Mveso waar Mandela gebore was. Ons slaap die aand by THE HAVEN HOTEL teen die see. Aandete is half agt


Dag 3 – Dinsdag, 8 September 2026

The Haven Hotel – Koffiebaai

Ontbyt is seweuur en ons ry half nege. Vandag ry ons kronkel paaidjies met baie afdraaie sodat ons die hart van die Transkei kan belewe. Dan ry ons verder noord teen die Wildekus op. Ons gaan kyk na HOLE in the WALL en in Xhosa is dit ESIKHALENI – dis “die plek waar dit raas’’. Ons ry deur snaakse kort paadjies en deur klowe en valleie met die skilderagtige Transkei rondom ons om by The Hole in The Wall te kom. Vanaand slaap ons by OCEANVIEW HOTEL by Koffiebaai. Reg langs die see. Aandete is half agt.


Dag 4 – Woensdag, 9 September 2026

Koffiebaai – Port St Johns

Na ontbyt vertrek ons verby uitkykpunte tot by Koffiebaai en dan verder deur die Mdumbi Rivier naby die CANZIBE sendingstasie – Lekker 4×4!!! Hier gaan ons lekker ‘brunch’ eet. (Dit mag verander as die weer dit toelaat en ons die pad kan ry) Ons gaan vandag besig wees met paadjies deur die bosse en afraaie tot ons by Port St Johns uitkom. Vanaand slaap ons by PORT ST JOHNS RIVER LODGE op die wal van die Umzimvubu rivier. Aandete is half agt.


Dag 5 – Donderdag, 10 September 2026

Port St Johns – Mbotyi

Ontbyt is weer seweuur en ons ry half nege. Vandag is weereens spesiaal. Ons gaan eers ‘n draai maak by Port St Johns met sy drie strande, en dan die aanloopbaan bo-op die berg. Daarvandaan gaan ons Lusikisiki toe – beteken “die geluid wat gras maak as die wind daardeur waai’’- voordat ons regs draai na die die asemrowende Magwa waterval van 109meter en tee plantantaies. Nou beweeg ons deur die pragtige bos na MBOTYI RIVER LODGE waar ons vir twee aande gaan bly. Dis redelik afgelee, en dis hier waar Andre Stander die berigte bankrower vir lank tyd weggekruip het. Aandete is half agt.


Dag 6 – Vrydag, 11 September 2026

Mbotyi – Mfikile Waterval – Mbotyi

Ontbyt is seweuur en ons ry half nege. Die roete kan aangepas word afhangende van die weer. Ons gaan na watervalle soos die bridalfalls deur tee plantasie. Dan met n onbekende paadjie deur stroompies en klein dorpies tot by die MFIKILE Waterval, (wat beteken die geheime plek) dan gaan ons na die plek waar die Grosvernor in 1781 gestrand het. Daar was verskeie pogings om by die skatte wat op die skip was by te kom. Onder andere was die kroon en die troon van die Sjah van Indie wat van Engeland oppad Indie toe was ook op die skip. Ons gaan dan terug Mbotyi toe vir ons laaste aand. Aandete is half agt


Dag 7 – Saterdag, 12 September 2026

Vertrek en Afsluiting

Ontbyt is seweuur, dan groet ons mekaar na n lekker week se kuier en 4×4.


Belangrike Inligting

  • Alle kostes is ingesluit: drie etes en verblyf. Jy moet net self sorg vir jou drinkgoed.
  • Ons verskaf tweerigting radios. Sorg dat daar n oopaanstekersok is om dit in te prop.
  • Finale instruksies sal voor die tyd deurgegee word, i.v.m tyd en waar almal ontmoet die eerste dag, asook wat om alles saam te neem.
  • Ons stig ook n Whats App groep die dag voor julle vetrek. Laat weet op die besprekingsvorm indien jy nie op die groepie wil wees nie.
  • Elkeen is verantwoordelik vir sy eie Mediese Versekering. Laat weet ook jou versekering jy gaan land uit
  • NB: Ons behou die reg voor om veranderinge aan die program te maak as omstandighede dit vereis.
  • Kanselasie: Al die kostes is voor 30 dae alreeds oorbetaal aan al die verskillende instansies soos bv. Blyplekke, spyseniers, roetekostes ens. As julle binne 30 dae kanselleer, kan ons nie julle geld terug waarborg nie.
  • Kontant Betalings: As julle n kontant-oorbetaling doen, reken n 5% kontant deposito fooi in asb.
  • Kinders bo 13 betaal vol prys en tussen 4-12 – 50%
  • Laat weet ons kantoor indien julle wil saam en ons stuur vir julle die besprekingsvorm deur.

Wat Jy Nodig Sal Hê

Om hierdie 4×4 toer te geniet, benodig jy:
  • ’n 4×4 voertuig met laestrek (Low Range)
  • Diesel voertuie moet ’n turbo hê
  • Kampstoele vir stopplekke en middagetes
  • Jou eie drankies en verversings

Vorige Toere in Aksie

Navraag

Kontak Vorm