Toer Datum
Toer
Koste P/P
Toer Afstand
Tipe Verblyf
7 Dae van Avontuur, Natuur en Geselligheid
Beleef ’n onvergeetlike 4×4-avontuur deur twee van Suid-Afrika se mees ikoniese
landskappe — die asemrowend mooi Sederberge en die stil uitgestrekte Karoo met sy
pragtige besienswaardighede.
Hierdie toer is ontwerp vir ware 4×4-entoesiaste wat die perfekte balans soek tussen
avontuur, natuur, gemaklike verblyf, heerlike kos en die rustigheid van die wildernis.
Dis meer as net ’n rit — dis ’n ervaring wat jou siel vasvang, waar elke dag nuwe
uitsigte, herinneringe en vriendskappe bring.
Toer Program
Dag 1 – Sondag, 15 Maart 2026
Aankoms by Kaleo Guest Farm (Koue Bokkeveld)
Ons ontmoet almal om 18:00 by die pragtige Kaleo Guest Farm, hoog bo die Ceresvallei.
Na ’n warm verwelkoming en geskenkpakkies, geniet ons saam ons eerste aandete (19:00) in die
gesellige plaasatmosfeer. (Volledige instruksies en paklys sal vooraf aan almal gestuur word.)
Dag 2 – Maandag, 16 Maart 2026
Katbakkiespas – Tankwa Padstal – Oubergpas – Kaleo
Na ’n ontbyt (07:30) vertrek ons 08:30 oor die Katbakkiespas in die rigting van die bekende Tankwa
Padstal op die R355. Ons volg die R355 en R356 (“The Forgotten Highway”) en ry tot bo-op die
majestueuse Oubergpas, waar ons ’n ligte middagete (kospakkie) geniet te midde van asemrowende
uitsigte. Daarna keer ons via Da Doer Padstal terug na Kaleo Guest Farm vir aandete en oornag.
Dag 3 – Dinsdag, 17 Maart 2026
Cederberg Rotsformasies – Truitjieskraal – Stadsaalgrotte – Citrusdal
Na ’n ontbyt (07:30) vertrek ons deur die indrukwekkende Cederberg-rotsformasies.
Ons besoek Truitjieskraal, Stadsaalgrotte en Lot se Vrou op pad na Citrusdal, waar ons ’n ligte
middagete (kospakkie)geniet. Later die middag keer ons terug na Kaleo Guest Farm vir aandete
(19:00) en rus.
Dag 4 – Woensdag, 18 Maart 2026
Eselbank Waterval – Wupperthal – Clanwilliam
Na ontbyt (07:30) vertrek ons saam deur verskeie passe na die Eselbank-waterval, waar ons middagete
(kospakkie) geniet. Ons ry verder deur Wupperthal en die pragtige natuur tot by Clanwilliam, met ’n
kort stop by die Engelsman se graf. Aandete (19:00) en oornag by die Clanwilliam Hotel.
Dag 5 – Donderdag, 19 Maart 2026
Clanwilliam – Nieuwoudtville – Calvinia
Na ontbyt (07:30) ry ons oor die Botterkloofpas na Nieuwoudtville, waar ons die Nieuwoudt-waterval
besoek en middagete (kospakkie) geniet. Daarna gaan ons verder na Calvinia, die juweel van die
Noord-Kaap. Ons oornag in verskillende gerestoureerde kothuise by Hantam Huis en eet aandete
(19:00) saam by die Hantam Restaurant.
Dag 6 – Vrydag, 20 Maart 2026
Gannaga Pas – Calvinia
Na ontbyt (7:30) ry ons deur die asemrowende Gannaga Pas vir ons middagete (kospakkie) met ’n
uitsig oor die Tankwa-woestyn. In die laatmiddag keer ons terug na Calvinia vir ons laaste aandete
(19:00) saam by die Hantam Restaurant en oorbly in dieselfde verblyf.
Dag 7 – Saterdag, 21 Maart 2026
Vertrek en Afsluiting
Na ons laaste ontbyt neem ons afskeid — ry stadig terug huis toe met ’n hart vol herinneringe en nuwe
vriendskappe.
Belangrike Inligting
- Alle kostes is ingesluit: drie etes en verblyf. Jy moet net self sorg vir jou drinkgoed.
- Ons verskaf tweerigting radios. Sorg dat daar ‘n oopaanstekersok is om dit in te prop
- Ons stig ook ‘n Whats App groep die dag voor julle vetrek. Laat weet op die besprekingsvorm indien jy nie op die groepie wil wees nie.
- Elkeen is verantwoordelik vir sy eie Mediese Versekering.
- NB: Ons behou die reg voor om veranderinge aan die program te maak as omstandighede dit vereis
- Kanselasie: Al die kostes is voor 30 dae alreeds oorbetaal aan al die verskillende instansies soos bv. Blyplekke, spyseniers, roetekostes ens. As julle binne 30 dae kanselleer, kan ons nie julle geld terug waarborg nie.
- Kontant Betalings: As julle ‘n kontant-oorbetaling doen, reken ‘n 5% kontant deposito fooi in asb.
- Kinders bo 13 betaal vol prys en tussen 4-12 – 50%
Wat Jy Nodig Sal Hê
Om hierdie 4×4 toer deur die Karoo en Cederberg te geniet, benodig jy:
- ’n 4×4 voertuig met laestrek (Low Range)
- Diesel voertuie moet ’n turbo hê
- Kampstoele vir stopplekke en middagetes
- Jou eie drankies en verversings
