Skip to main content

Swaziland 4×4 Avontuur

Swaziland 4×4 Avontuur

16 – 22 Augustus 2026
Toer Datum
7 Dae
Toer
R 14100.00
Koste P/P
650+ KM
Toer Afstand
Hotel / Lodges / Game Reserve
Tipe Verblyf

7 Dae van Avontuur, Natuur en Geselligheid

Ons Eswatini-toer is ’n unieke 4×4-avontuur wat jou wegneem van die teerpaaie en reg in die hart van
die land. Hier ontdek jy berge, groen valleie en die warm Swazi-kultuur soos min mense dit ooit sien.

Met die kundigheid van Andy Cory, Eswatini se 4×4-guru met meer as veertig jaar ervaring, volg ons ’n
roete wat die land in sewe dae deurkruis. Dis ’n pad van bergpaadjies, plantasies, asemrowende
natuur en pragtige blyplekke—’n avontuur wat werklik besonders is.


Toer Program

Dag 1 – Maandag, 16 Augustus 2026

Aankoms by Forester Arms

Ons gaan deur Oshoek grenspos omdat die pad oor Ermelo so flenter gery is deur die trokke.
Na die Oshoek grenspos hou jy aan met die snelweg tot jy afrit 14 kry, waar jy lings draai. Ons sal op die
finale instruksies die presiese afstand van die grens af met duidelike instruksies gee. Ons registrasie is saam met aanndete vanaf half sewe by Forester Arms.


Dag 2 – Dinsdag, 17 Augustus 2026

Forester Arms – KaMsholo Game Reserve

Ons probeer ‘n verrassing vir brekfis. Daarom gaan ons agtuur by die Lodge vertrek. Ek sal tweerigting radios vanaf half agt uitdeel. Ons gaan nou ‘n stukkie teerpad ry tot by die kersfabriek. Ons bekyk die kersmaakprosesse en kan selfs iets koop om huis toe te bring. Hulle maak spesiale pragtige sierkerse en daar is baaaaie om van te kies.. Nou vat ons ‘n skilderagtige roete wat later tussen die suikerplantasies deurgaan tot die Mlawula Wildtuin wat deel is van die Swazi nasionale Trust. Ons ry by die een hek in en dan twintig km deur die park voor ons by die ander hek uitgaan Die diere is maar skaars in die wildtuin, maar die omgewing is baie mooi. Hiervandaan gaan ons tot by die suikerdorpie by Big Bend. Hier boek ons in vir die aand by KaMsholo Game Reserve. Ons geniet aandete daar.


Dag 3 – Woensdag, 18 Augustus 2026

KaMsholo Game ReserveMananga

Na ontbyt gaan ons vandag met ‘n regte veldpadpas wat ons behoorlik gaan besig hou . Ons gaan reg oor die Lobombo berg tot by die klein dorpie Siteki. Nou ry ons met die teerpad vir ‘n entjie tot by Mananga. Dit gaan ‘n besige dag wees met pragtige uitsigte oor Swaziland. Ons bly die aand in die Mananga Country Lodge. Ons geniet aandete daar


Dag 4 – Donderdag, 19 Augustus 2026

Mananga – Maguga

Net sulke mooi tonele wag vandag vir ons. Dis dele wat baie min mense wat deur Eswatini toer ooit te siene kry. Na ontbyt beweeg ons nou meer wes oor passies en paadjies deur klein dorpies oor berge en deur riviertjies tot ons laatmiddag by Maguga Lodge reg bo die Maguga Dam kom waar ons die aand gaan bly. Die eetsaal is pragtig met die stoepgedeelte wat oor die dam uitkyk. Die bokkies loop vry rond tussen die rondawels. Ons geniet aandete daar.


Dag 5 – Vrydag, 20 Augustus 2026

MagugaMbabane

Vandag begin ons sommer in 4×4. Geniet n heerlike ontbyt eers. Net by die hek uit draai ons dadelik regs met ‘n kleinerige tweespoor paadjie wat ons van verskeie punte af ‘n uitkyk oor die dam gee en later teen steil hellings op en af vat tot ons afdraai op nog steil paadjies wat ons verby die ou slaghuise neem wat jare terug deur boere gebruik was wat hulle diere hierheen gebring het vir winterwyding. Hulle kontrak met die Swazi regering was dat hulle ‘n skere hoeveelheid vleis aan die plaaslike gemeenskap moes voorsien. Teen laatmiddag kom ons met die teerpad by Emafini Lodge aan. Ons slaap en geniet aandete daar.


Dag 6 – Saterdag, 21 Augustus 2026

MbabaneForester Arms

Ons eet eers lekker ontbyt. Van Emafini Lodge af vat ons slegterige grondpaadjies deur valleie en klowe en verby die geweldige graniet rots wat blybaar die derde grootste granietstuk wat bo die grond uitstaan in die wėreld is. Op die ou einde kom ons weer by Mbabane uit. Ons kan weer brandstof aanvul, want dis goedkoper in Eswatini. Vanaand is die laaste aand en ons gaan weer by Forester Arms bly. Ons geniet aandete daar.


Dag 7 – Sondag, 22 Augustus 2026

Vertrek en Afsluiting

Na ontbyt is elkeen weer op sy eie perd op pad huis toe. Ons bly spesiaal by die bekende plek sodat ons nie met vreemde paadjies hoef te probeer uit Eswatini uit kom nie. Dis reguit hiervandaan met die snelweg grens toe.


Belangrike Inligting

  • Alle kostes is ingesluit: drie etes en verblyf. Jy moet net self sorg vir jou drinkgoed.
  • Ons verskaf tweerigting radios. Sorg dat daar n oopaanstekersok is om dit in te prop.
  • Ons stig ook n Whats App groep die dag voor julle vetrek. Laat weet op die besprekingsvorm indien jy nie op die groepie wil wees nie.
  • Elkeen is verantwoordelik vir sy eie Mediese Versekering.
  • NB: Ons behou die reg voor om veranderinge aan die program te maak as omstandighede dit vereis.
  • Kanselasie: Al die kostes is voor 30 dae alreeds oorbetaal aan al die verskillende instansies soos bv. Blyplekke, spyseniers, roetekostes ens. As julle binne 30 dae kanselleer, kan ons nie julle geld terug waarborg nie.
  • Kontant Betalings: As julle n kontant-oorbetaling doen, reken n 5% kontant deposito fooi in asb.
  • Kinders bo 13 betaal vol prys en tussen 4-12 – 50%

Wat Jy Nodig Sal Hê

Om hierdie 4×4 toer te geniet, benodig jy:
  • ’n 4×4 voertuig met laestrek (Low Range)
  • Diesel voertuie moet ’n turbo hê
  • Kampstoele vir stopplekke en middagetes
  • Jou eie drankies en verversings

Vorige Toere in Aksie

Navraag

Kontak Vorm