​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

Trans Siberian Train Route

​

​

​

​

Beste Francois

​

Weereens dankie vir die geleentheid om vir jou en ons medelede van 4x4 Sport te kan help om iets wat net nog n droom is te help waar word……Die Trans Siberia Trein rit …plusminus..16 dae, Moskou na Vladivostok waar ons bedags op die trein ry, maar soms ook oornag.   Sommige aande bly ons by hotelle om dan die local te verken , n afstand van byna 8300 Km…lekker….lekker.

​

Ons gaan vergesel word deur Anna..22jr oud, my vrou Eka se niggie wat al 4 jaar aan my bekend is, sy is vlot Engels, Georgian en Russies magtig en woon tans in Moskou. Eka gaan ons bystaaan met besprekings en logistieke relings terwyl Anna ons gids gaan wees en gaan sorg dat alles tydens ons toer glad verloop.

​

Ons roete gaan deur 7 tydzones. Normaalweg word die roete in 7 dae gedoen en word daar net op die treine oornag…maar ons wil meer as net trein ry…ons gaan die kultuur, kos, Vodka…8 000 tipes…interaksie met die vriendelike gasvrye Sieberiese Oumas…Babushkas... Ons sien die woude, riviere en Siberiese Steppe asook die Baltiese meer wat die wereld se grootste varswater meer 79Km x 636Km is, asook die diepste 1741m.. ter wereld met n waterfront van 2 100 Km.

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

Winter temperature gaan tot minus 50 grade Celsuis. Somer maande is matig met alles wat dan groen is. Gelukkig gaan ons in die somer.

​

Die gemiddelde dag temperatuur wissel van 22 tot 25 grade Celsius en nagte 10 tot 18 grade celsuis vir die maand Augustus. Die Trans Siberian treine is skoon en veilig met lugversorging en sentrale verhittingstelsels. Elke treinwa het n persoon wat toesig hou. Warm water is heeltyd beskikbaar vir koffie of tee by n Samovar op elke wa. Versnapperings is ook te koop in elke wa en elke trein beskik oor n eetsalon vir alacarte etes. Op elke stasie is daar Babuskas wat vars gekookte aartappels, sop, noodles met hoender of vars gaargemaakte  of gedroodte soutvis verkoop…..Dus kos is nie n problem nie en dit is skoon en veilig om te eet. Die badkamers is skoon en  die trein stop vir 10 tot 20 min by die stasies vir bene rek…..of rookbreek.

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

Trein menu

​

https://www.seat61.com/Trans-Siberian-menus.htm

​

​

Alle etes en verversings op die trein is n alacarte menu en kan slegs in ruble kontant betaal word, ongeveer $20 dag.  Kyk bg link….so die kostes vir verversings en etes op die trein en stasies is vir elkeen se eie rekening.

​

So lyk ons toerprogram. Tye kan verander maar ons gaan ons aanpas by hul veranderinge. Sekerlik wil nie een van ons in Siberie agterbly en hulle winter aanpak nie…maar ons gaan dit geniet.

 

Dag een  14 Augustus vertrek Johannesburg…Moskou

Dag twee  15 Augustus ….aankoms Moskou…..

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

Dag drie  16 Augustus….. 

​

Ons het busvervoer vanaf Moskou DMY Lughawe na  ons hotel vir 2 aande. Daarna besoek die berugte Rooiplein, Kremlin, die kleurvolle St Bazils Katedraal en vele matroska pop stalletjies vir souveniers. Ons verblyf, aandete en ontbyt in die hotel is ingesluit by prys.  Ons gaan ook ondergronds die kleurvolle metro stasies besoek. Ligte middag etes gaan ons by informele straat restaurant en kafees nuttig. Croisans, koffie en tee. Dis vir jou eie rekening, maar nie nodig nie, omdat ons aandete by die hotel kry.

 

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

Dag vier  17 Augustus…. 

Direk na ontbyt in hotel, busvervoer na die Trans Siberie trein stasie.

Ons vertrek na Yakaterineburg per trein waar ons oorslaap op die trein…n rit van

1 dag 3 ure, d.w.s. 27 uur en n afstand van ongeveer 1795 km. Ons stop op verskeie stasies vir bene rek of rookbreek…5 tot 10 min per slag. Soms langer….maar ongelukkig vertrek die trein somtyds sonder  waarskuwing….dus bly ons altyd naby. Verversings op stasie en op die trein is vir eie rekening.

​

Dag vyf   18 Augustus…..

​

 Met die aankoms in Yakaterineburg is daar  busvervoer vanaf  Trans Siberien Trein met n kort stadstoer. Yakaterineburg was die ou Soviet era se dieps bewaarde geheim a.g.v. sy Militere bedrywighede. Die sg. Church of blood word besoek vanwaar ons in n hotel gaan bly vir aandete en ontbyt- ingesluit by die prys.

​

Dag ses en sewe   19 en 20 Augustus….

​

Na ontbyt in hotel vertrek ons per bus vervoer  na die Trans Siberie trein stasie.

Ons vertrek na Krasnoyarsk per trein waar ons oorslaap op die trein…n rit van 2380 km wat 1 dag en 7 ure d.w.s. 32 uur. Ons vertrek 12h00 die aand ….gelukkig is dit  nie soos ons ou army treine wat jou 5 uur in die oggend wakker gemaak het nie. Ons kan laat slaap. Verversings en etes is vir jul eie rekening.

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

Dag agt  21 Augustus…

​

Met die aankoms in Krasnoyarsk is daar weer busvervoer vanaf  Trans Siberien Trein met n stadstoer na Paraskeva Pyatnitsa Chapel  waar ons in n hotel gaan bly vir aandete en ontbyt ingesluit by die prys.

​

Dag nege  22 Augustus

​

Ontbyt in hotel en busvervoer na die Trans Siberie trein stasie.

Ons vertrek na Irtustk per trein waar ons 1 aand oorslaap op die trein…n rit van 14 ure 20 min, n afstand van 1080 KM. Weereens alle verversings en etes op die trein is vir eie rekening

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

Dag Tien    23 Augustus

​

Met die aankoms in Irtustk is daar  weer bus vervoer vanaf  Trans Siberien Trein met n kort stadstoer waar ons in n hotel gaan bly vir 2 aande, bed en ontbyt ingesluit.

​

Dag elf  24 Augustus

Na ontbyt het ons busvervoer vir n dagbesoek aan  Epiphany Cathedral (Sobor Bogoyavleniya) , die Balkan Lake en omgewing en die Irtustk Philharmony House wat gereeld folklore danse aanbied. n Besoek aan n botaniese tuin en ligte middagete en  aandete by n vis restaurant…Balkanse witvis is iets besonders.. ingesluit by die prys.

​

​

Dag twaalf  25 Augustus

​

Na ontbyt in hotel gaan ons met busvervoer na die Trans Siberie treinstasie.

Ons vertrek na Ulan Uta per trein …n rit van 7 ure 20 min en n afstand van 475 Km. Vervoer na die hotel  met aankoms en n stadstoer na Die Odigitrievsky Cathedral.  Datsan Rinpoche Bagsha is n Buddhiste tempel,en n buitelug Ethnographic Museum wat etniese historiese houthuis argitektuur ten toon stel.

    Aandete bed en ontbyt in die hotel. Prys ingesluit. Ons slaap nie oor op die trein nie.

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

Dag dertien, veertien vyftien  26,27 en 28 Augustus

​

 Ontbyt in hotel waarna ons per bus  na die Trans Siberie trein stasie toe gaan..

Ons vertrek na Vladivostok per trein waar ons oorslaap op die trein vir 2 aande…n rit van 2 dae en 20 ure d.w.s. 68 uur met n afstand van 3428 km. Dit klink en lyk lank maar onthou ons stop vir bene rek op elke stasie. Ons kan rondstap en kuier en D….. opi trein. Verversings en etes vir elkeen se eie rekening.

​

Dag sestien  29 Augustus

​

Met die aankoms in Vladivorstok is daar  weer busvervoer vanaf  Trans Siberien Trein met n  stadstoer, oorlogsduikboot en  n Kristal museum. Ons gaan in n hotel bly vir 1 aand, bed en ontbyt ingesluit. Vaarwel aandete is in n visrestaurant waar die bekende kingcrab (sien foto) disse voorgesit word. Alles ingesluit.

 

​

Dag sewentien   30 Augustus

​

Na ontbyt  die volgende oggend vertrek ons na die lughawe vir ons vlug na Moskou. In Moskou kry ons n aansluitingsvlug vir die terugvlug na Suid Afrika. Ons land nie by dieselfde lughawe as waarvandaan ons vertrek huis toe nie. Busvervoer is gereel. Ingesluit.

​

Dag agtien    31 Augustus….aankoms Johannesburg, Suid Afrika

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

As niks verkeerd gaan nie bly dit dieselfde…kom ons oordoen dit nie…ons geniet dit net.

​

Die geld eenheid is in ruble…dus 1 Us dollar = 66.3 ruble

    1 ZAR,rand = 4.77 ruble

    1 EURO = 75.23 ruble

​

Daar kan in meeste van die bostaande stede geld geruil word of getrek word by ATM

​

L.W.

​

Alle verversings en souveniers in en op die treine en stasie is nie ingesluit by die prys nie so dus begroot vir ongeveer $300 tot $400 ekstra, Alle vervoer, hotelle en etes by hotelle is ingesluit.

​

Kleredrag en skoene moet gemaklik wees, sweetpakke met tekkies asook pantoffels /huisplakkies wat jy maklik kan uitskop en rondloop opi trein. N Warm baatjie vir die aande sal gerieflik wees. Maks. gewig 15kg. Sou ons dalk iets benodig kan ons dit koop op elke stasie. Die kwaliteit is dalk nie so goed nie maar dit is goedkoop en prakties.

​

Op elke dorpie en stasie is daar dokters. Daar is nie dokters wat saam ry nie. Elke wa het n opsigter wat toesig hou dat niks verkeerd gaan nie en skoon maak....sommige is nogal mooi ook.

​

​

​

​

​

​

​

​

Moscow, on the Moskva River in western Russia, is the nation’s cosmopolitan capital. In its historic core is the Kremlin, a complex that’s home to the president and tsarist treasures in the Armoury. Outside its walls is Red Square, Russia's symbolic center. It's home to Lenin’s Mausoleum, the State Historical Museum's comprehensive collection and St. Basil’s Cathedral, known for its colourful,  onion-shaped domes

​

​

​

​

​

​

Yakaterineburg

Yekaterinburg is a city in Russia, east of the Ural Mountains. It’s known for the golden-domed Church on the Blood, built in the early 21st century on the site of the 1918 Romanov executions. The Monument to the Founders stands by the banks of the Iset River. Exhibits at the nearby Sverdlovsk Regional Local Lore Museum include the Hall of the Romanovs, with personal items that belonged to the last royal family.

​

Krasnoyarsk

Krasnoyarsk is a city on the Yenisei River in Siberia, Russia. On the river’s left bank, Central Park Gorky has a children’s train, carnival rides and statues of writers Maxim Gorky and Alexander Pushkin. To the north, the 19th-century Paraskeva Pyatnitsa Chapel offers city views at op Karaulnaya Hill. South of the city center, Stolby Nature Sanctuary is home to volcanic rock pillars ("stolby") and sprawling fores ts.

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

Irktutsk

Irkutsk is a city on the Angara River in eastern Siberia, Russia. The river embankment is lined with hurches, including the Epiphany Cathedral (Sobor Bogoyavleniya), with gilded onion domes, and the Spasskaya Church, with its soaring bell tower. The restored neoclassical Moskovskie Vorota arch is also by the water. Near Kirov Square, the Irkutsk Regional Art Museum has ancient icons and more recent Russian artworks.

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

Ulan Ude

​

​

​

​

huge Lenin Head Monument. The City History Museum is set within the former house of a tea merchant. Nearby is the 18th-century Odigitrievsky Cathedral. To the north, Datsan Rinpoche Bagsha is a Buddhist temple with gilded stupas and sweeping city views. The outdoor Ethnographic Museum displays traditional Buryat wooden yurts.

​

​

​

​

​

​

Vladivorstok

​

Vladivostok is a major Pacific port city in Russia overlooking Golden Horn Bay, near the borders with China and North Korea. It's known as a terminus of the Trans-Siberian Railway, which links the city to Moscow in a 7-day journey. In the city center is Central Square, where a towering memorial pays tribute to local soldiers who fought Japanese forces in the early 20th century

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

Somer ……….alles kleurvol, helder en matig warm.

…hierdie gaan n geleentheid van min wees---anders as anders…lekkerder as ander lekker.

​

Kom ons geniet dit !!!.