Bus 136051 

ALBERTON NOORD

 1456. 

TEL 011 902 5066 

 FAX 011 865 5510 

SEL 082 491  5900                                                                                                                      die:4x4ou@mweb.co.za

​

​

    

​

RUSLAND    TRANS SIBERIE 14 TOT 31 AUG 2019

​

Dit help niks om deur Siberie te reis en net die treinspoor te sien nie. Ons gaan iets heel anders en spesiaals aanpak. Ons gaan hom in detail bekyk.

​

Hierdie is ‘n baie unieke eenmalige toer wat verskil van alles wat beskikbaar is vir Rusland.

Die Trans Siberiese express is ‘n baie luukse trein en ons gaan ons eie waens he saam met ‘n dienspersoon wat sorg dat alles altyd perfek is.

​

Eers gaan ons in Moscow in ‘n hotel bly vir twee aande sodat ons die stad en sy baie besonderhede kan bekyk . Bustoere is gereel vir die besigtiging.

​

Daarna gaan ons met die trein na die volgende plek waar ons weer in ‘n hotel tuisgaan en die plek besigtig. Op hierdie manier sien ons die hele Siberie met sy unieke geheime. Die dag tot dag program is aangeheg.

​

Ons is beperk tot 15 kg bagasie, maar op die trein is alles baie informeel en so ook by die hotelle. Alles is by die koste ingesluit soos hotelle, hulle etes, busvervoer op baie plekke, maar die dae wat ons op die trein bly, is dit A’lacarte en dit kan nie voor die tyd betaal word nie. Begroot $400 daarvoor en vir snuisterye.

​

Die koste van die toer sluit die vlugkaartjies, etes soos bo, busvervoer toegange oral, hotelle en gidse is.

Koste is R47000 per persoon. Enkel persone wat nie deel nie, moet R3000 ekstra betaal.    Wissel koers        R 14- 00  / $ 1    

​

​