​

​

​

​

POSBUS 136051    TEL: 011-9025066

ALBERTON NOORD    TEL:011-8655509

1456    FAKS: 011-8655510                      

    

Francois sel. no: 082491 5900    epos    die4x4ou@mweb.co.za

             epos     info@4x4sport.co.za

    

​

ST. LUCIA, SODWANA TOT KOSIBAAI (1)  2019

​

DATUM: 2 – 8 JUNIE 2019

​

Hierdie gebied is baie onbekend maar het soveel  versteekte skatte . Ons het hom in detail uitgepluis en ‘n week van ervaring, genot en verbasing saamgestel wat alles deel van wilde diere, boottoere, tweespoor sandpaadjies tot heerlike lodges. Ons het met al die restaurante ooreengekom dat ons ons eie wyn mag inbring. Die mense skrik vir die R240.00  toegang by die park en ry dan teerpad en mis al die spesiale mooi van die gebied.. Ons het gereel dat ons vir elkeen op ons toer ‘n Rhino Card koop vir R250.00 en dan betaal ons net R5.00 toegang by

 elke park. Hierdie kostes is ingesluit by die toerkoste soos die etes, padkos, bootritte, gidse en so meer. Junie en Julie is die beste tyd om 

hier te kuier, want dan is dit nie te warm nie en daar is ook nie Malaria muskiete nie. Die weer is lekker warm, maar bring tog maar warm

 klere ook. Dit help ook nie om so ver te ry en net die pad te sien nie. Daarom bly ons twee dae op ‘n plek sodat ons al die mooi dinge om 

elke plek  kan sien.

​

BRANDSTOF MOET VOL WEES VOOR ONTBYT.

​

​

DAG EEN:    SONDAG 2 JUNIE

18h00   Ons kom sesuur die aand bymekaar by die AMAZULU LODGE in St Lucia. 

Ons bly twee aande hier.  As jy oor die brug by St Lucia inkom, draai regs en ry ‘n

 km aan. Op die linkerkant van die straat is Amazulu Lodge. Parkering is van die

 agterkant af 19h00  Ons  kom voor die lodge bymekaar en stap 200 meter na

 die BARRACA restaurant angsaan vir aandete.  Ons mag ons eie wyn bring. Ons

 doen sommer ons registrasie hier.

​

​

DAG TWEE:    MAANDAG 3 JUNIE

​

​

 7H00  Daar is koffie en beskuit in die kamers. Gebruik dit. Die brunch is eers half 

elf by die Lodge. Ons kom voor die Lodge bymekaar en stap 300 meter na die kaai

 toe vanwaar die ADVANTAGE boot vertrek oor die ST LUCIA MEER. Die vroegmore

 trippie is by verre die beste. Dis watervoels en seekoeie en baaaie om te sien met 

die ongeloflikste natuurskoon.. Neem maar ‘n warm ding saam.

  Ons trip is twee ure waarna ons by die lodge kom ontbyt. Hier naby die lodge  

is baie lekker winkeltjies met snuisterye.                                                                                              

 13h00 Ons tel ons padkospakkies op by Barraca en vertrek na Cape Vidal, 35 km.

sekerlik een van die mooiste strande . Die wat so vir ‘n uur  of wat wil visvang kan

 dit doen as jy ‘n lissensie het. Jy kan Cape Vidal nie mis nie. Dis Pragtig.

17h00  Ons is betyds terug sodat ons weer by Barraca kan gaan eet.

​

​

DAG DRIE:    DINSDAG 4 JUNIE

​

​

​

7h00 Ontbyt by die lodge en ons vertrek 8h00 Sodwanabaai toe.  Net buite 

St Lucia draai ons regs na die ISIMANGALISO WETLANDS PARK. Ons het 

hier baie Kameelperde, buffels, rietbokke, zebras, vlakvarke en nog baie ander

 wild gekry. Ons stop langs die meer vir ‘n wyle voor ons uit die park

 uitgaan. Hier is toiletgeriewe.Net na die hek draai ons regs sommer in die bos

 in en ry tot by die treinspoor. Nou volg ons die treinpaadjie tot by Hluhluwe,

 want by elke treinbrug is ‘n padbruggie waaroor ons ry.

​

​

Na Hluhluwe ry ons tien km met die teerpad om oor die vleiland te kom. Dan draai 

ons regs met grondpaadjies om by die False Bay Park te kom waar ons tot by 

Jesser Point langs die meer stop. Ons kan Hells Gate sien waar die weermag

 destyds missiele getoets het. Ons volg klein grondpaadjies tot weer by die teer om

 oor die riviere te kom. Na tien km. draai ons weer regs op sandpaadjies

 om by Tony’s Point, die noordelikste punt van die meer te kom. Weer ander paadjies

 tussen landerye en nedersettings verby om weer by die teer aan te sluit wat 

ons Mbazwana toe neem waar ons afdraai Sodwanabaai toe.

Ons boek in by die Sodwana Bay Lodge waar ons twee aande bly. Maak seker jy 

weet waar die restaurant is waar ons 19h00 bymekaar kom vir ete. Jy mag 

jou eie wyn bring.

​

DAG VIER:    WOENSDAG 5 JUNIE

​

​

​

8H00  Ontbyt by die lodge. Kry kospakkies en ons vertrek 10h00 Sodwanabaai toe.

 Daar is petrolpompe en almal MOET volmaak. Dit gebeur soms dat daar nie 

brandstof by Kosibaai is nie.Ons spandeer tyd op die strand. Die wat wil vis vang 

kan vir so drie ure probeer Daar is ook ‘n  kafeetjie op die strand. 

15h00 vertrek ons weer van die strand af met klein sandpaadjies om te 

sien hoe die omgewing ontwikkel en huise opgaan. Terug by die lodge en 

aandete is 19h00 

​

​

DAG VYF:    DONDERDAG 6 JUNIE

​

Vandag is ons langste dag, maar by verre die mooiste. Dis sandpaadjies onderdeur 

bosse en bome op die mooiste roete,deur die sand. Ons ry langs Lake Sibaya 

tot by Mansengwenya waar ons toegang kry vir die park. Nou verby Island Point, 

Island Rock tot by Black Rock. Hier gaan ons vir twee ure staan en sommer eet ook.

 Dis ‘n grooooot vulkaniese rots wat hoog 

​

oor die see uitsteek met vulkaniese pypgate reg deur sodat jy van bo af reg deur

 die rots kan kyk tot in die see. Dis ongelooflik !!! Die rots is skerp en grof. 

Trek behoorlike skoene aan en wees versigtig!!!!! 

Nou ry ons verder op baie mooi sandpaadjies net agter die duine. Nog nooit het jy 

soveel broodbome gesien nie, want hier kom nie mense nie. Ons ry aan tot by

 Banga Nek wat die suidpunt van die drie Kosi mere is. Hier was pragtige chalets 

en baie kampplekke, maar die meeste is vervalle en baie ruig en  dis baie

 moeilik om by die mere se kante uit te kom. Dis waarom ons die volgende

 dag die plek met bote kom verken.

​

​

Verder ry ons om die mere met tweespoor sandpaadjies tussen ruie bosse deur

 tot by Kosi baai waar ons twee aande in die Kosi Bay Lodge bly. ‘n Baie mooi plek.

 Die chalets is tussen die bosse versteek en baie mooi binne. 19h00 aandete

 en ons mag ons eie wyn inbring.

​

DAG SES:   VRYDAG 7 JUNIE    

​

​

​

8h00 ontbyt en vat jou kospakkie. Ons ry  09h00 na Kosi Mond. Baie mooi en baie 

anders met die visfuike in die meer. As dit hoogwater word, swem die visse saam 

met die gety en as dit laagwater word, word hulle vasgevang in die fuike en word 

kos virdie plaaslike bevolking. Dan gaan ons terug lodge toe, want eenuur gaan ons 

met bote op die mere. Ons gaan na al drie mere toe om te sien hoe dit werk. 

Dis pragtig met baie vis, seekoeie en sekerlik 

krokkodille ook. Dis iets om te sien. Die ruie plantegroei en bome om die kante 

is baaaie spesiaal Jy kan jou sundowner saambring en die laaste aand behoorlik

 geniet. Jy sal nie gou weer hier kom nie.

Terug by die lodge is aandete 19h00 en vanaand hou ons konsert!!!

​

DAG SEWE:    SATERDAG 8 JUNIE

​

7h00 ontbyt en dan is elkeen vry om nog ‘n dag te bly of om huis toe te vertrek.

Pasop. Ons het nou lanklaas teerpad gery. Dis beeste en kinders, slegte bestuurders en geweldige spoedwalle in die pad met

 spoedbeperkings en spoedlokvalle. 

RY VERSIGTIG !!!

​

St Lucia Kosibaai instruksies:

​

Ons wil nie ‘n baie groot groep hê nie, daarom herhaal ons dieselfde trip 23 Junie.

Die koste sluit alle akkommodasie, etes, padkos, bootritte, in asook die R250.00 vir die Rhino Card en die toegange by al die parke.

 Die lodges 

is die heel beste wat ons kon kry en is baaaie goed.

​

Elkeen moet sy ID nommer, volle name en die adres waarheen die kaart gepos word en telefoonnommer op die bevestigingsvorm skryf 

sodat ons die Rhino Card kan voor die tyd reel. Ons kry ‘n voorlopige kaartjie en die regte een word gepos. Daardie kaart is geldig vir ‘n

 jaar by al die Natalse parke.

​

As jy wil snorkel by Cape Vidal of Sodwana bring jou toerusting.

Bring ‘n bandepomp, drukmeter, sleeptou as jy het. Die weer is lekker warm, maar bring tog nog warm klere. Etes is baie informeel.

 Bring drinkwater. Dis veiliger.

Bring ook kamera, handdoek, peuselgoed, toiletpapier, lekker stapskoene jou eie drinkgoed en wyn, muskietgoed, . Selfoonopvangs is

 redelik en al die blyplekke het WIFI. Visgoed en permit as jy wil vang. Kampstoel.  Kredietkaarte werk, maar is by Sodwana

 onbetroubaar. Bring maar kontant vir daai een.

​

Die koste is R9450.00 per persoon alles ingesluit. Lodges, drie etes per dag, gidse, toegange oral, Rhino Card, bootritte. Fooitjies is

 nie ingesluit nie.

​

Mediese versekering  moet jy self reel.

Enkel persone wat nie ‘n kamer wil deel nie, moet 15 % ekstra betaal.

​

Ons benodig 50 % deposito by bespreking en die balans 30 dae voor die toer.Ons waglys is lank, moet nie tyd mors nie.

As jy reeds ‘n Rhino Card het, skryf die nommer op die vorm en spaar R250 op die prys.

​

Ons wil net noem dat spyskaarte verskeidenheid van keuses het, en mense wat op spesiale dieete is, moet self reel daarvoor.

​

As julle oorbetalings doen, faks of epos die bewys daarvan na Faks no. 011865 5510 of e-pos na info@4x4sport.co.za.

​

Kontant Oorbetalings: As julle ‘n kontant oorbetaling doen, reken 5% kontant deposito fooi in by die bedrag waty julle gaan oorbetaal.

​

Kansellasies: Al die kostes is voor 30 dae alreeds oorbetaal aan die verskillende instansies soos. Bv. Blyplekke en aan die mense wat 

die etes voorsien. As julle binne 30 kanselleer, kan ons nie julle gelde terug waarborg nie.

​

Groete,

Francois Rossouw

My noodnommer is 082491 5900

​

​

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------