TEL: 011-902 5066
TEL: 011-865 5509 FAKS: 011 865 5510 FAKS NA EPOS: 086 667 8018

POSBUS 136051, ALBERTON NOORD, 1456

Hierdie is die webbladsy van Francois Rossouw die 4x4 ou.

As jy ons wil kontak klik hier info@4x4sport.co.za

Noodkontak Francois epos: klik hier: die4x4ou@mweb.co.za SEL NO 082 491 5900

Daar is 'n jaarprogram wat lewendig is en word gereeld aangepas - datums kom extra by soos reelings gefinaliseer word. Alle pryse per persoon en sluit kos in - ook in die woestyn. Om die jaarprogram te sien klik hier asseblief.

RSG se 4x4 klub het ontstaan toe Francois Rossouw se 4x4 program deel geword het van ,,Reis Sonder Grense'', die reisprogram wat Saterdae tussen 10 uur en 11 uur op RSG uitgesaai word. Vir tegniese redes moes ons naam verander na 4x4sport. Verder bly alles dieselfde van die radioprogram tot die toerdery.

Ons strewe om vir ons luisteraars 'n ietsie ekstra as waardetoevoeging te gee. Ons gesels nie net in ons program oor die interessante plekke en bestemmings vir die 4x4 aanhangers nie, maar reel ook die ekspedisies na daardie plekke.

Op hierdie manier kry luisteraars die kans om by die mees interessantste plekke uit te kom, 4x4 op 'n ge-organiseerde manier te geniet en baie ander vriende te maak met mense met dieselfde belangstelling. Op hierdie manier het ons sekerlik die grootste vriendskapsklub in die land geword.

Om deel te word van die 4x4 klub, moet jy net een keer op een van ons 4x4 ekspedisies saamgaan. Lidmaatskap is totaal gratis en ons nuusbrief is Saterdagoggende tussen 10 en 11 op RSG as deel van ,,Reis Sonder Grense''.

Ons maak ook voorsiening vir mense wat nog nooit vantevore 'n 4x4 toer onderneem het nie en opleiding geskied algaande.

Ons jaarprogram is lewend en datums en bestemmings word bygevoeg soos dit beskikbaar word.

Op hierdie stadium is 4x4SPORT die grootste 4x4 organisasie in die land met meer as tien duisend voertuie en fyf en twintig duisend mense wat al saam met ons getoer het.

Ons toere gaan baie wyd na plekke soos: Alberton 4x4 Gesinsdag, Angola, Baviaanskloof, Dal van Doodskadu, Namib, Golden Gate, Kirkwood, Lesothe-sneeu, Sanipas-Lesotho, Luderitz-Walvisbaai, Maluti 4x4, Moolmanshoek, Richtersveld, Royal Swazi Sun, Saddle Hill, Skedelkus en Kunene Mond, Swartberge, Swaziland, Transkei-Wildekus en Weskus.

 

Dis baie beter om deel te wees van n 4x4 klub. As jy alleen veld toe gaan gebeur dit.
Die uiteindelike gevolg kan dan dit wees.
Namib woestyn