​

​

Francois SELNo: 082 491 5900 Epos:die4x4ou@mweb.co.za

Epos: info@4x4sport.co.za

GURAPAN KALAHARI DUINETOER: 11 – 15 SEPTEMBER 2019

Hierdie is nie ‘n besigtings-toer nie, dis ‘n Kalahari spelery……….

Piet Kotze het die pad wat hy moet ry om die 17000 hektaar van sy plaas te versorg, baie lank en eentonig gevind en toe ‘n roete deur die duine en los sanddele oopgery, sodat hy syplaaswerk meer aantreklik vir homself kon maak.

Gaandeweg het meer en meer van die ervare sandryers begin om hom op sy boerderytrippe te vergesel en dan het meer en meer duine deel van sy roete geword. Toe dinge te erg geword het, het hy ‘n pad uitgele wat vriendelik teenoor die natuur is en ‘n ervare 4x4 man se bloed vinniger laat klop.

Gurapan lê net 107km van Upington af, op die Gemsbokpark pad. Die pan lê regs langs die teerpad wat Askahm toe loop, wat dit maklik maak vir mense met waentjies en karavane om sonder moeite daar te kom. Dit is ‘n baie groot soutpan met aanloopbaan en ablusie geriewe.

Ons gaan al drie die aande op dieselfde plek bly en Piet het spesiaal vir ons toilette en warm storte gebou.

Die span van Wolmaransstad gaan weer kos maak, wat beteken dat ons, ons noual sal moet begin uithonger as ons nie wil rol nie.

Piet het ‘n span mense aangesit om al die bosse wat ons voertuie mag krap skoon te maak. Daar is ook ‘n muisroete by die plekke waar die hardebaardmanne self klei… of is dit sand, sal trap!!! Dit beteken dat elkeen ‘n kans sal kry om sy staal te wys, terwyl ons mak manne nie nodig het om ons voertuie te veel te straf nie. Op ‘n stadium gaan ons deur ‘n wildkamp met Gemsbokke, blesbokke en nog ander wild.

DAG EEN WOENSDAG: 11 SEPTEMBER 2019

Ons kom gedurende die middagby Gurapan aan, sodat jy genoeg tyd het om tent op te slaan en kamp te maak, sodat ons teen sesuur by die kampvuur kan bymekaarkom vir registrasie, lekker nonsens praat!!! en ete half agt.

DAG TWEE DONDERDAG: 12 SEPTEMBER 

Vandag vat ons ons die makker deel van die plaas aan en gaan ongeveer 100km vir die dag ry. Die roete loop deur sandvlaktes, oor panne en deur genoeg duine. Ons kry kans om die mooi van die Kalahari met sy unieke plante en duine te waardeer. By al die moeilike plekke is daar ompaadjies, wat gewoonlik nat van die trane is van die manne wat gedink het hulle kon!!!!

Ons beplan om so teen half ses die middag weer terug in die kamp te wees.

DAG DRIE & VIER - VRYDAG & SATERDAG: 13 & 14SEPTEMBER

Vandag sal daar kans wees om genoeg te speel. Ons gaan nie weer so ver ry nie, maar die duine raak nou groter en losser, maar nie totaal onrybaar nie. Ompaaie is spesiaal gemaak sodat ons wat sukkel nie die ander ophou nie, alhoewel daar darm kans vir lag en fotos neem ook is.

Hierdie is sandryplesier soos net die Kalahari kan bied. Ons sal weer so half ses terug in die kamp wees en vanaand hou ons konsert rondom die kampvuur. Piet ry spesiaal hout van die ander plaas af aan vir hierdie kampvure in die aand.

DAG VYF SONDAG 15 SEPTEMBER:

Ontbyt is agtuur en dan is dit weer ons en die laaang pad huis toe.

LET WEL:

Ons het die toer met een dag langer verleng om dit net meer LEKKERDER te maak. Die roetes en dae kan omgeruil word.

Kontak asb die kantoor vir die toer prys. Daar is kampeerplek, sowel as chalets.

 Enkel persone wat nie wil deel nie, gaan 15% ekstra betaal. Fooitjies is nie ingesluit by die prys nie.

As julle ‘n chalet wil hê, moet julle ook die deposito van die chalet tesame met julle vorm ook vir ons stuur, asseblief. Ons het ‘n waglys van mense vir chalets.

Kontant Oorbetalings:As julle ‘n kontant oorbetaling doen, reken5%kontant deposito fooi in by die bedrag wat julle gaan oorbetaal.

Kansellasies:Al die kostes is voor 30 dae alreeds oorbetaal aan die verskillende instansies soos bv. blyplekke en aan die mense wat die etes voorsien. As julle binne 30 dae kanselleer, kan ons nie jul gelde terug waarborg nie.

​

Jy moet jou eie kampgoed, eetgerei, drinkwater en ander drinkgoed, flits, toiletpapier, handdoeke, kamera, verkyker, bandepompie en drukmeter saambring. Bring ook iets saam om die padkos in te sit.

As jy ‘n sleeptou het bring hom saam, om die ander te help!!!!

Bring genoeg drinkgoed want die keel word droog van al die stof.

Die aande kan baie koud word. Bring warm klere en komberse.

LET WEL:

Die toere raak vining volbespreek en ons het ‘n lang waglys. Dis beter om u bevestigingsvorm en deposito lank voor die sperdatum in te stuur om u plek te verseker. Na die sperdatum gaan die mense op die waglys geplaas word.

Alhoewel ons van Upington tot weer daar, net 400km gaan ry, beveel ek aan, die ouens met klein brandstoftenkies om‘n kan petrol by die kamp te los vir wanneer die seuntjie in die man soveel speel dat die sous min word.

Net voertuie met laestrek kan saamgaan.

Elkeen is verantwoordelik vir sy eie Mediese Versekering.

Groete

Francois My noodnommer is 0824915900

​