​

Francois SEL No: 082491 5900Epos:die4x4ou@mweb.co.za

Epos: info@4x4sport.co.za

Tel: 011-9025066 / 011-8655509

Fax: 011-8655510 / 0866678018

​

GOLDEN GATE: 26STE – 29STE SEPTEMBER 2019

​

Spesiale toer deur Qwa-Qwa Park en Golden Gate:

Die Qwa-Qwa park is nou by Golden Gate ingelyf. Die roete is ‘n baie dowwe spoor deur die ongerepte deel van die park wat net deur die bewaarders en jagters gebruik word, met baie diere soos Swart Wildebeeste, Springbokke, Hartebeeste, Blesbokke en baie voels en die mooiste natuurskoon. Op party plekke is die roete steil op en af met mooi uitkykpunte en die mooiste sandsteen formasies. Alhoewel dit nie baie moeilik is nie, sal jy wel laestrek nodig kry om stadig genoeg deur die sandsteenformasies te kan ry en daar is genoeg lekker 4x4 dele.

Toe ek met die parkhoof, Mnr Johan Taljaard praat, gee hy my toestemming om op ‘n eenmalige trip op dieselfde roete te gaan met die 4X4SPORT-KLUB.

Na die ordelike manier en reaksie van die mense wat op daardie trip saam was, het ons toestemming gekry om dit weer te herhaal. Niemand anders word daar toegelaat nie, as gevolg van die sensetiwiteit van die area.

Dis so mooi, dat ek nie die kans wou laat verbygaan sonder om die mooi aan ons 4x4 vriende te wys nie. Ons getal voertuie is wel beperk, maar wie eerste bespreek, sal eerste plek kry.

Ek het toe besluit om ‘n lekker naweek daarvan te maak. Vir die tweede dag het ons ook ‘n baie mooi roete gekry, wat andersinds ook taboe is. Oom Kwe-kwe Naude het ‘n plaas “GODS AKKER’’ net buite Clarens, sowat 25km van die Park af gehad. Daar is die heel mooiste 4x4 roete oor die lang kalksteen rante en berge wat op party plekke lekker styl is, maar die wiele trap so lekker vas op die sandsteen, dat dit ‘n wonderlike ervaring is. Daar is amper ‘n Kaapse tipe plantegroei met Proteas en Fynbos soos in die Boland se berge. Daar is Hangkranse waar die Boere-oorlog se tannies weggekruip het. Op die einde van die roete is daar een so ‘n krans wat nou as bokkraal dien, maar jy kan jou nog voorstel hoe dit daar in daardie tyd gelyk het. Ons sal daar tot naby kan ry en net sowat 100 meter hoef te loop, wat die moeite werd is. Die roete hou ons heeldag besig.

Die plaas is verkoop en die nuwe eienaars wou niks weet daarvan dat 4x4’s daar ry nie. Nou skielik het hulle gese ons mag eenkeer daar gaan ry en dan sal hulle sien hoe dit gaan voordat hulle vir die toekoms sal besluit.

Ons komDonderdagaand die 26ste SEPTEMBERby dieGOLDEN GATE HOTELbymekaar net betyds vir registrasie half sewe en dan aandete half agt.

Hoe om daar te kom:

Ry nadie Golden Gate Hotel & Chalets. Kry julle sleutels daar vir die chalets, hulle sal die gastelys hê.

Hierdie gaan‘n luukse naweek gekombineer met lekker 4x4 wees waar Ma dan ook ‘n slag bederf sal word!!

Alle etes is saans half agt en soggens half agt.

Dan gaan ons dieVrydagdeur die park op die spesiale roete en dieSaterdagop die sandsteenroete op “Gods akker’’

Jy moet jou eie drinkgoed bring vir die roetes in die dag. In die hotel is ‘n kroegie en ons mag nie ons eie drank daar inneem nie.

Kontak asb die kantoor vir die toer prys. Dit sluit die roetes se koste, gidse, alle etes, luukse blyplekke, padkos en die park se permitte in. Dis van Donderdag middag tot Sondag oggend. Fooitjies is nie ingesluit by die prys nie. Ons het net blyplek vir 50 mense, so eerste bespreek kry plek.

 

As jy dan Sondag lus het, stel ek voor dat jy deur die Golden Gate Park ry, tot by Harrismith en daarvandaan huis toe. Of Party mense kuier laaaaank by Clarens of gaan eet middagete by die Fouriesburg Hotel, tel 058 223 0207.

Ons mag dalk die dae omruil afhangende van die beskikbaarheid van die gidse en die weer, maar die reen maak dit net mooier.

Dis warm daardie tyd van die jaar, maar maak tog voorsiening vir die slag as die reen ons verras.

Maak seker jy pak die volgende in: Sonbrandgoed, hoed, kamera, genoeg drinkgoed vir die pad—dit word soms warm daar. Wielepomp en drukmeter, sleeptou as jy een het, maar ons het alles net vir ingeval.

​

Voertuie moet laestrek het.

Elkeen is verantwoordelike vir sy eie Mediese Versekering.

As julle ‘n kontant-oorbetaling doen, reken ‘n5% KONTANT-DEPOSITO FOOIby julle oorbetaling.

NS: As julle ‘n WILD CARD het, skryf die nommer op jul bevestigingsvom.

Hierdie gaan ‘n baaaaaie lekker naweek wees, ek belowe………

​

Groete

Francois

My noodnommer is: 082 491 5900

​