BUS 136051 ALBERTON NOORD 1456. 

TEL 011 902 5066                                                                              FAX 011 865 5510 SEL 082 491  5900                                                                                                                    

                                                                                          die4x4ou@mweb.co.za

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

    

​

   EGIPTE  30  OKT  TOT  13  NOV  2019

​

Ons was reeds drie keer Egipte toe, maar hierdie is spesiaal en ook die laaste keer dat ons dit gaan doen. Ons gaan Kairo met sy piramides, die Aswan Dam wat 500 km lank is sien. Dan gaan ons op ‘n woestyntrip in die Sinai Woestyn waar ons self ons gehuurde 4x4 voertuie gaan bestuur. Ons gaan die Rooi See met sy glorie beleef, op die Nyl vaar op ‘n superluukse huisboot,  en nog baaie ander dinge. Ons gaan in November omdat dit dan al koeler is by hulle, maar nog nie piektyd gejaag is nie .Ons het die vyf toere waarvoor mense Egipte toe gaan, gekombineer. Kairo, Aswan, die Woestyntrip en die Nylbootvaart en die Rooi See. Ons het egter die mees unieke ervaring van ‘n kamp in die Sinai woestyn bygewerk. Ons vlieg vier keer met plaaslike vlugte omdat die trein te stadig is en nie so lekker is nie.

Hier is die hele Program.

​

DAG EEN  30 OKTOBER

Ons vertrek vanaf OR Tambo Johannesburg af. Die voorlopige tyd is 14h00. Ons prober die etiopiese lugdien. Hulle gradering is uitstekend.

​

DAG TWEE 31 OKTOBER.

Ons land die oggend in Kairo . Die gidse sal ons op die lughawe kry en per bus deur die stad met sy mengelmoes van kulture tot by ons hotel neem. Op pad sal ons iets eet. Hierdie is ‘n baie besige stad met verkeer wat ons nie kan trotseer nie. Stopstrate en robotte wat nie werk nie, maar ook niks beteken nie. Ses voertuie op ‘n drielaan pad wat in ‘n verkeersknoop sommer omdraai op ‘n eenrigting straat.

By die hotel sal ons verwelkom word met ‘n tipiese Egiptiese Hibuskus drinkie ,,Karkadeh’’Dan gaan ons ‘n bietjie rus.

20h00 Ons kom in die lobby van die hotel bymekaar waar die bus ons sal optel en na die kaai by die Nyl neem vir ‘n ,,dinner cruise’’ op die Nyl met buffet ete, tipiese Egiptiese volksdanse en belly dansers en ‘n aangename verwelkoming in Egipte.. .Ons sal maar laat in die bed kom.

​

DAG DRIE  1 NOVEMBER

Na ontbyt sal die gidse ons help om uit te boek en op die bus te kom. Ons gaan lughawe toe vir ons vlug na Sharm El-Sheikh. By die Rooi See. Van die lughawe af neem hulle ons na ons hotel toe. Dis baie mooi hier en die Mekka van toerisme.  Ons oornag hier langs die Rooi See.

​

DAG VIER 2 NOVEMBER

8H00 Ontbyt end an gaan ons na DAHAB  Dis op die pad na Nuweiba en Taba. Ons bly in die kamp by Die Blue Lagoon met sy Kristal helder water en ons kan die skoonheid van die Rooi see ervaal en geniet. Daar is kite surfing en ander vermaak ook. Hier begin ons woestynervaring wat jy vir die res van jou lewe sal onthou.

​

Bl 2  DAG VYF 3 NOVEMBER

Na ontbyt kry ons die 4x4 voertuie wat ons self bestuur. Ons gaan die Sinai Woestyn in tot by Valley of Ryan. Daar gaan ons per 4x4 of op ‘n kameel trip langs die kus tot ons by die Nasionale Park Abu Gallum kom. Hierdie deel is langs die ooskus van die suidelike Sinai Woestyn . Nou gaan ons na die Blue Hole, een van die heel beste duik en snorkel plekke in die Rooi See.

Dan kry ons die die ervaring van ‘n regte Bedouin middagete. Dis so spesiaal en eie aan die rykes van die woestyn. Ons gaan die aand terug na ons kamp by Blue Lagoon.

​

DAG SES  4 NOVEMBER

Na ontbyt Ry ons die woestyn in op ‘n 4x4 roete wat ons na die ,,Holed Mountain en Mushroom Rocks toe neem. Sorg dat die kameras reg is !! Daarvandaan hou ons aan na die Ain Khudra Oase waar ons kamp vir ons wag. Hier kry ons die ervaring van ‘n kamp by die oase in die woestyn.

​

DAG SEWE. 5 NOVEMBER 

Ons ontbyt by die Ain Khudra Oase wat ‘n drieduisend jaar oue geskiedenis het en ontmoet die Mezzeina (tipiese Bedouin mense). Hulle is baie gasvry en maak blykbaar die heel lekkerste tee. Die White and Coulered Canion is iets baie spesiaal en ons gaan daardeur ry en plek plek te voet verspied..

Hier maak ons klaar met die woestyn en oase trip en ons mik nou terug na Sharm El-Sheikh waar ons weer in ‘n hotel inboek vir die nag.

​

DAG AGT  6 NOVEMBER

Die voormiddag is vry om die turquoise water van die Rooi See vir oulaas te geniet voor ons die middag lughawe toe gaan om terug te vlieg Kairo toe. Hier is baie snuisterye te koop.

By Kairo word ons na ons hotel toe geneem waar ons die aand oorbl

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

DAG NEGE  7 NOVEMBER.

9h00 ontbyt. In Kairo slaap die mense nooit en die winkels maak ook nooit toe nie. Daar woon ongeveer 25 miljoen mense in Kairo. Die stad is vuil, want dit reen nooit daar nie.

10h00 word ons opgetel en ons besoek die Groot Piramides en die Sphinx. Dan die Valley of the kings, ‘n papyrus fabriek en ‘n perfumery waar hulle reukwaters maak.

Middagete is op ‘n tipiese Egiptiese plaas in die piramides omgewing. Daarna gaan ons na die ou Egiptiese museum waar vriendelike Engelssprekende gids wat ook ‘n ,,Egyptologist’’ is ons verduidelik wat daar aangegaan het jare terug.

Dan  Die baaaia spesiale besoek aan die Kahn El Bazaar. Hier kry jy alles van ‘n gestopte kous tot ‘n vliegtuigenjin. Dis ‘n ervaring !! Was een van ons hoogtepunte op ‘n vorige trip.

Oornag dieselfde hotel.

​

DAG TIEN  8 NOVEMBER.

NOU BEGIN DIE VAKANSIE   Na ontbyt gaan ons lughawe toe en vlieg Aswan toe. Daar gaan ons direk na die vyfster huisboot waarmee ons die volgende paar dae op die Nyl gaan vaar.

Na middagete gaan ons na die Aswan dam kyk wat 500 km lank is. Dan gaan kyk ons na die onvoltooide obelist soda tons kan sien hoe hulle die pilare uit soliede rots gekap het. Dan sien ons die Philae Tempel voor ons na ‘n Nudial Village toe gaan.

Terug op die boot is aandete met Egiptiese volksdanse.

​

DAG ELF  9 NOVEMBER.

Bl 3  Die boot vertrek vroeg, maar ons kom dit nie eers agter nie. Ontbyt op die boot. Ons stop by Kom Ombo waar ons na die baie besonderse oorblyfsels van die ou tempel gaan kyk. Dan vaar ons tot by Edfu waar ons na die wereldbekende Edfu tempel gaan kyk..

Volgende vaar die boot deur die Essan Lock. Dis waar die hoogtes van die rivier se water verskil en die watervlakke aangepas word. Baie interessant.

By aandete op die boot het ons’n Galabeya (nasionale kostuum) partytjie. Nou gaan ons ons kostuums dra wat ons by die mark in Kairo gekoop het. Intussen vaar die boot tot by Luxor terwyl ons partytjie hou en slaap.

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

DAG TWAALF 10 NOVEMBER

Vroee ontbyt  Dan kom ons in die boot se lobby bymekaar om die wes en oosbanke van Luxor te verspied met al die oorblyfsels van die jare oue geskiedenis. Veral uit die glorietyd van die Fahros.

Ons is half drie terug by die boot om ‘n rustige middag langs die swembad op die boot te he en te rus.want vanaand is die baaaie bekende sound and light Show by Karnak.

By Aandete op die boot word ons trakteer met ‘n belly danser vertoning.

18h00 vertrek ons na die sound en light show by Karnak.

​

DAG DERTIEN  11 NOVEMBER

Na ontbyt op die boot vertrek ons lughawe toe en vlieg terug Kairo toe. Daar sluit ons aan by ons vlug terug huis toe.

​

DAG VEERTIEN.  12 NOVEMBER.

Ons behoort 14 h00 in Johannesburg te land na sekerlik die interessantste trippie van jou lewe.

LET WEL  Egipte se werkers en kelners verdien byna niks in die toeristebedryf.nie. Hulle lewe byna net van fooitjies en is dus baie gesteld op hulle fooitjies. Die gidse ook. Ek het met ons gids daar te reel dat  ons ‘n eenmalige bedrag betaal en sy verantwoordelik is vir die fooitjies. Dis ingesluit by hierdie prys Net ons voltrydse gids Olla Bakir moet ons self tip.

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

Die prys van die toer is R46500.00 per persoon. Wisselkoers teen R14.00 per dollar

Dit sluit in.

Drie nagte kampering in die Woestyn,  Twee nagte in die hotel by Sharm El Sheikh, 4nagte in hotel in Kairo, 3 nagte op die luukse boot op die Nyl, 4 plaaslike vlugte, Klassieke toer van Kairo met die Engelse gids, Die Dinner Cruise op die Nyl, Die Sound and light show by Karnak, Toegange by al die plekke wat ons besoek, Alle busvervoer na die plekke wat ons besoek, Hotel akommodasie in 5* hotelle, 4x4 voertuie met lugreeling en brandstof vir die trips in die Sinai Woestyn, Toegange en belastings, Engels sprekende gids en alle etes buite die hotelle. Alle tips or die roete behalwe Ola, Ons organiseerder en hoofgids.

Dit sluit nie die volgende in nie. Visas vir Egipte Omtyrent R350.00  en drank wat skaars is in Egipte.

Moenie die krane se water drink nie. Bottelwater is oral beskikbaar 

Hier is links as jy die plekke wil google.

Ons voltydse gids soek ‘n goeie tip  R100 per dag pp is die gaande prys. Aan die einde van die trip

Blue Hole    https//en.wikipedia.org/wiki/blue hole (red sea)

Holed Mountain and Mushroom rocks. https://www.pinterest.com/pin/467670742531048808/?1p=true