DIE RSG4X4KLUB TRANSKEI WILDEKUS 2  TOER : 21 - 27 OKTOBER 2018

ONS BEGIN SONDAG- MIDDAG  21  OKTOBER 2018

Hierdie toer is nie ‘n 4x4 uitdaging nie, maar ‘n reis om die mooi plekke van die Transkeise Wildekus te sien en ervaar. Die roete is sodanig dat jy ‘n 4x4 met laestrek nodig het om by al die plekke uit te kom. Die paaie is maar sleg en ons sal nie baie vinnig vorder nie. Plekke is ingesluit wat vir my baie spesiaal is en ek weet dat almal dit baie sal waardeer.
Omdat die weer soms verrassings bring, het ons vir al die aande hotelkamers of chalets vir almal bespreek. Dis waarom ons groepie nou kleiner is .
Al die etes is ingesluit en ons kry padkospakkies vir die dag.

Om daar te kom, is daar twee roetes.
1.Ry jy van Oos London op die N2 vir  50 km en draai regs op die R349 na Kei Mond. Maak vol op Oos London en weer by Kai Mond.
Nou gaan jy oor die pond en ry tot by SEAGULL’S HOTEL, hy is oorkant die Trennerys Hotel,
.2. Maak vol by Butterworth en ry Oos tot by Centane. Daar draai jy regs en volg die pad tot by SEAGULL’S HOTEL.
As jy hierdie pad ry, kan dit interessant wees om vroeer  te kom en eers met die pond Kei Mond toe te gaan en sommer brandstof vol te maak voor jy hotel toe kom. Ons het nie die volgende dag tyd om oor die pond te gaan nie.

KO-ORDINATE: SUID 32 38 05,1     OOS 28 25 38,1

SONDAG   21 OKTOBER  
Ons kom almal net Noord van Kei Mond by SEAGULL’S  HOTEL , hy is net oorknt DIE TRENNERYS HOTEL, by die Qholorha riviertjie se mond bymekaar.sesuur die middag. Aandete is half agt.

MAANDAG  22  OKTOBER
Ontbyt is seweuur en   Agtuur sal ons tweerigting radios uitdeel.
Vandag ry ons redelik ver en die dag gaan lank wees. Ons ry oor Dutywa en maak daar vol brandstof. Dan ry ons langs die skilderagtige Mbaseerivier vallei  af en verby Collywobbles. Ons slaap die aand by The Haven Hotel teen die see.
Aandete is half agt

DINSDAG  23  OKTOBER
Ontbyt is seweuur en ons ry half nege.
Vandag ry ons deur die Hlonyama-bos en verder Noord teen die Wildekus op. Ons gaan kyk na HOLE in the WALL en in Xhosa is dit ESIKHALENI – dis ,,die plek waar dit raas’’ –Ons ry deur snaakse kort paadjies en deur klowe en valley met die skilderagtige Transkei rondom ons om by The Hole in The Wall te kom.

Vanaand slaap ons by “THE HOLE IN THE WALL HOTEL” Die aand se verblyf mag dalk verander. Aandete is half agt.

WOENSDAG  24  OKTOBER
Koffie en beskuitjies is seweuur en ons ry agt uur.

Nou gaan ons verby uitkykpunte tot by Koffiebaai en dan verder  deur die Mdumbi Rivier naby die CANZIBE Sendingstasie – Lekker 4x4--!!!  Hier gaan ons by Johan ‘n lekker ‘BRUNCH” eet.
Ons gaan vandag besig wees met die roete deur die Hluleka –reservaat. Vanaand slaap ons by die Port St Johns River Lodge op die wal van die Umzimvubu rivier.
Ons bly vanaand in kamers by die Lodge.
Hier is nie drank te koop nie en jy moet jou eie bring.
Aandete is half agt.

DONDERDAG  25  OKTOBER
Ontbyt is weer seweuur en ons ry half nege.
Vandag is weereens spesiaal. Ons gaan eers ‘n draai maak by Port St Johns met sy drie strande, die aanloopbaan bo-op die berg. Dan gaan ons Lusikisiki –beteken ,, die geluid wat gras maak as die wind daardeur waai’’- voor dat ons die asemrowende Magwa waterval van 109 meter gaan bekyk. Hiervandaan gaan ons na die teeplantasies waar alles nou vervalle raak.
Nou beweeg ons aan na Mbotyi in die pragtige bos by die see waar ons  vir 2 aande  oornag.
Ons bly in die Mbotyi River Lodge wat baie mooi is.
Aandete is half agt.

VRYDAG  26 OKTOBER
Ontbyt is seweuur en ons ry weer half nege. Die roete kan verander. Ons ry deur ‘n klein dorpie en deur klein stroompies, deur die veld om by die geheime waterval te kom wat direk in die see val , dan terug na Mbotyi toe.

Vanaand gaan ons weer by Mbotyi River Lodge  slaap. .

SATERDAG  27 OKTOBER
Ons ontbyt weer seweuur en dan gaan elkeen sy eie pad

LET WEL:

Ons moet die volgende goed saambring, handdoek, flits, toiletpapier, kampstoel, sleeptou as jy een het net vir ingeval, bandepomp en drukmeter, spaar brandstof filter, drinkwater, graaf as jy het, muskietgoed, genoeg drinkgoed en peuselgoed. Iets om die padkos in te pak., warm klere vir die aande en vir ingeval, ‘n reenjas.
Ons kry ontbyt en padkos en ‘n lekker aandete elke dag.

Ons koste wat al die etes, die roetes, toegange, gidse al die blyplekke insluit, is R 7500.00  per persoon. Kinders:  onder 6 jaar  is R 1600.00 as hulle die ouers se kamer deel,  6–11 jr. R 3100.00 as hulle die ouers se kamer deel.   12-15jr R 5000.00 en 16 jaar op is volprys. Fooitjies is nie by die prys ingesluit nie.
Enkelpersone wat nie ‘n kamer wil deel nie, sal 15% ekstra moet betaal.

Ons wil net noem dat spyskaarte verskeidenheid van keuses het, en mense wat op spesiale dieete is, moet self reel daarvoor.

As julle oorbetalings doen, faks of e-pos die bewys daarvan na Faks no. 0866678018 / e-pos info@4x4sport.co.za .

Kontant Oorbetalings: As julle ‘n kontant-oorbetaling doen, reken 5% kontant deposito fooi in by die bedrag wat julle gaan oorbetaal.

Kansellasies: Al die kostes is voor 30 dae alreeds oorbetaal aan die verskillende instansies soos bv. blyplekke en aan die mense wat die etes voorsien. As julle binne 30dae kanselleer, kan ons nie jul gelde terug waarborg nie.

Elkeen is verantwoordelik vir sy eie Mediese Versekering.

NS: As julle ‘n WILD CARD het, skryf die nommer op jul bevestigingsvorm.

 

GROETE
FRANCOIS
My Nood-nommer:  0824915900