POSBUS 136051                                                                                                        TEL: 011-9025066
ALBERTON NOORD                                                                                                 TEL:011-8655509
1456                                                                                                                          FAKS: 011-8655510
                                                                                                                                       
 Francoius SEL  No: 082 491 5900        epos: die4x4ou@mweb.co.za
 Martie: epos: info@4x4sport.co.za
                                                                                                                                                                                                         

DIE SWAZILAND ( Eswatini ) 4X4 ONTDEKKINGSTRIP   25 – 28 JULIE 2019. 

Dit is lekker om ‘n slag hierdie onbekende en ontoeganklike buurland tot in sy binneste te kan bekyk en ervaar.
Hierdie gaan ‘n toer in die normaal ontoeganklike dele van Swaziland wees net vir voertuie met “low range”
Die basiskamp gaan by sie pragtige Maguga Lodge  wees wat op die skilderagtige Maguga Dam uitkyk met chalets on suit en  en ‘n kontantkroegie.  Daar is curio plekkies , die Ngwenya glasfabriek en brandstof in die omgewing. Daar is lekker plekke vir visvang, maar ons gaan nie tyd he daarvoor nie. As jy egter Sondag langer wil bly, weet jy wat om te doen.

DONDERDAG     25 JULIE 2019
Ons kom almal deur die loop van die middag by die Maguga Lodge bymekaar en kry ons slaapplekke sodat ons sewe-uur gereed is vir registrasie.
Ry by OSHOEK grenspos in en volg die nuwe hoofpad vir 6 tot 8 km en draai links na Piggs Peak. Die afdraai is duidelik gemerk.
Ry met dierdie teerpad vir ongeveer 30 km.
Nou kry jy die kruising waar jy die regterkantse roete, die pad na Piggs Peak via Maguga Dam neem.
Ry 13 km  dan draai jy links na Maguga Dam net voor jy die damwal kruis.
Die lugverkoelde chalets sal voor die tyd ingedeel word, sodat jy enige tyd van twee-uur af kan inboek.
Ons kom almal van seweuur af by die pragtige Lapa restaurant bymekaar vir registrasie en aandete.
Aandete is half agt.

VRYDAG    26 JULIE
Ontbyt is agtuur en ons sal negeuur vertrek. Daar sal padkospakkies vir almal wees. Maak seker om joune te neem. Sorg ook dat jy genoeg drinkgoed het vir die hele dag.
Die dag se roete sal ‘n affiepad besigtigingsroete wees met ‘n paar plekke waar 4x4 voertuie sonder “low range” dit nie sal maak nie. Ons begin met drie km. teer tot  waar ons op die grondpad afdraai tot ons by ‘n steilte opgaan om na Shackle Rock toe te draai. Die wat wil, kan hierdie klippie aanvat. As jy bo kom, het jy genoeg bewys gelewer dat jy “kan” en sal vir ‘n sertifikaat kwalifiseer. Nou gaan ons af om ‘n stroompie te kruis met ‘n interessante uitgang.. Na ‘n paar km. van heuwels klim, kom ons by Handbrake Hill. Hier gaan ons steeiilll af in laagste rat voor ons deur die vallei met drie riviertjies gaan . Verder aan kom ons by Mbuluzi River waar ons eers ‘n peestop sal maak.  Hiervandaan mik ons noord vir 5 km. op goeie pad voor ons by die goed kom wat ons geniet. Ons klim op tot by die ou verlate vliegveld en dan verder teen die steiltes op deur ‘n Wattelplantasie wat bo oopmaak vir ‘n asemrowende uitkyk oor rotsformasies en monster klippe.
Hiervandaan gaan ons deur die valleie kronkel tot deur die Eucalyptus bos. Dis die moeite werd om ‘n blaar te frommel en te ruik. Nou is ons so diep in die afgesonderde Maplaleni gebied dat jy oral daggaplantasies teekom. Hulle noem dit Cabbage Mountain.
Van hier af gaan ons met ‘n redelike pad na die uitkykpunt vanwaar ons oor die pas voltooide Maguga dam kyk met een van die hoogste grondwalle in Afrika.
Afhangende van die stand van die son, sal ons hier besluit of ons deur die vallei terug kronkel, of die teerpad vat.
Aandete is weer half agt.

SATERDAG    27 JULIE
Ontbyt is agtuur en ons vertrek negeuur . Neem jou kospakkie.
Vandag se roete sluit ‘n groot deel van die roete in wat vir die Swazi Regularity Raid gebruik word . Die roete is nie so beknop soos gister sn nie, maar het heelwat uitdagings met ompaaie vir ons bang gatte.
Daar is lekker rivierbeddings en ‘n paar waterkruisings, maar dis gelukkig nie reentyd nie. Nou kan ons Swaziland se bekoring van die kranspunte af bewonder en verder aan weer reg onder deur die diepte van die kloof kruis. Ongeskonde natuur en ruie natuurlike bosse met smal paadjies wat ons nie kan glo , die enigste toegang vir die mense is wat hier woon nie, is vir ons ‘n 4x4 uitdaging.
Ek belowe dat hierdie vir almal ‘n belewenis is wat ons nooit sal vergeet nie.
Andy Cory het belowe om die laaste aand vir ons van die fotos wat hy op die roete neem, te vertoon. Hierdie is ‘n toer deur Swaziland soos niemand dit ooit anders sal ervaar nie, want Andy ken die wereld en die 4x4 is van die beste. Dis ‘n ongelooflike mooi plek.

SONDAG    28 JULIE
Ontbyt is agtuur en ons ry negeuur klaar gepak na die Ngwenya glasfabriek op pad grens toe.
Ek is oortuig ons gaan almal die ervarings, gesigte, uitdagings en kamaraadskap erg geniet en ‘n heel ander idee van Swaziland huis toe neem.
Daar is ruimte as mense langer in die oord wil bly.

Die koste is R 5750.00 per persoon wat alles insluit. Kinders 6 – 11 jaar is R2750.00, en  12 – 16 jaar is R 3790.00 en ouer is volprys.  Enkel persone wat nie ‘n kamer wil deel nie, gaan 15% meer betaal. Die lodge, kos, padkos, gidse, fooie aan hoofmanne, toegange, ens. Foooitjie/s by die plek waar ons bly, is nie by die prys ingesluit nie. Sorg net vir jou eie drinkgoed, sleeptou, swemklere, flits, kamara, handdoek vir ingeval en muskietgoed. Ook bandepomp en drukmeter.
Dit is warm, maar kan onverwags koud word. Geen malaria nie.

Ons wil net noem dat spyskaarte ‘n verskeidenheid van keuses het, en mense wat op spesiale dieete is, moet self reel daarvoor.

As julle oorbetalings doen, faks of e-pos die bewys daarvan na faksno. 0866678018, e-pos: info@4x4sport.co.za

Kontant-oorbetalings: As julle ‘n kontant-oorbetaling doen, reken 5% kontant deposito fooi in by die bedrag wat julle gaan oorbetaal.
Kansellasies; Al die kostes is voor 30 dae oorbetaal aan al die verskillende instansies waarheen ons gaan, bv. blyplekke en aan al die mense wat die etes voorsien. As julle binne 30 dae kanselleer. Kan ons nie jul gelde terug waarborg nie.

LET WEL: Ons waglys is laaank en daarom is dit belangrik om lank voor die sperdatum u bevestiginsvorm en deposito in te stuur om u plek te verseker. Na die sperdatum sal die mense op die waglys geplaas word.

Elkeen is verantwoordelik vir sy eie Mediese Versekering.

NB: Met alle oorgrens-toere met minderjarige kinders, moet ouers aansoek doen vir die nuwe ABRIDGED BIRTH CERTIFCATE, moet albei ouers se volle voorname en van asook hulle ID-NOMMERS op die sertifikaat verskyn. Ouers kan hul naaste BINNELAND SE SAKE DEPARTEMENT  kontak.

 

Voertuie moet laestrek he.

 

My noodnommer is 082 491 5900.
Groete, Francois 

                                            ONTHOU!!! DIE PASPOORTE