POSBUS 136051                                                                                                                 TEL: 011-9025066
ALBERTON NOORD                                                                                                          TEL:011-8655509
1456                                                                                                                                   FAKS: 011-8655510

Francoius SEL  No: 082 491 5900        epos: die4x4ou@mweb.co.za
Martie: epos: info@4x4sport.co.za
                                                                                                                                                                                            

SADDLE HILL IN DIE NAMIB:  2019:   7 – 12   JULIE 2019

Hierdie toer is baie uniek, omdat dit die diamantgeskiedenis van die woestyn saam met duinery en visvang kombineer.
Dis die heel eerste keer dat ons toegelaat word om in die konsessiegebied van die Naukuft Nasionale Park vis te vang.
Ons gaan die eerste aand in Luderitz in die gastehuis bly en dan vier aande by Saddle Hill in baie basiese , maar skoon kamers bly. Party sal in tente bly wat in die ou barakke opgeslaan is. Dis beter as in die sand van die woestyn.  Daar is beddens en matrasse, maar jy moet jou eie beddegoed bring. Daar is storte en geriewe.

SONDAG :  7  JULIE 2019

Ons kom almal die aand by Obelix gastehuis in Luderitz bymekaar betyds vir aandete seweuur.  Hierdie aand en etes se koste is ingesluit.

MAANDAG:    8 JULIE

Ontbyt is seweuur en dan deel ons radios uit en ons ry half tien.
Ons ry eers so 35 km teerpad voor ons noord draai met die grondpad vir 15 km. Dan draai ons reg in die woestyn in. Eers sandvlaktes en stelselmatig groter duine vir 150 km tot ons by die boorgat kom waar Moshe Kahn geboor het om diamante te soek.
Die laaste 25 km is duine en duine en nog duine. As ons by ons kamp by Saddle Hill noord kom, wag ons dat die kamers ingedeel word. Onthou, dis basies.

DINSDAG:    9 JULIE

Die volgende drie dae kan omgeruil word afhangende van die weer en gety.
Ons ry Suid verby die spuitgat en ou aanloopbaan tot die plek waar al die ou masjienerie in die middel sestigs gelos is, maar al baie erg deur die blikwurms opgeeet is. Ons gaan nou nog ‘n ent aan tot ons deur die duine terugkom kamp toe. Hier is grooooot interessante duine waar ons lekker kan speel ook.
Ons kom net betyds by die kamp om skoon te maak vir aandete.

WOENSDAG:  10 JULIE
Vandag gaan ons visvang as die weer reg is. Vir die wat nie visvang nie, sal daar swemtyd wees, of ons kan gaan agate soek, of enigiets wat ons wil doen. Dis so mooi dat jy elke oomblik sal geniet.

DONDERDAG:   11 JULIE

Na ontbyt ry ons noord. Ons kom eers by die wrak van die Otavi wat in 1945 daar gestrand het en verder verby die ou polisiestasie tot op die strand. Dan sien ons die drinkplek van die gemsbokke en die Gensen Obottria, in plantjie wat net hier groei.
Verder gaan ons deur die duine tot by die plek waar die United Trader in 1973 gestrand het met 750 ton plofstof. Die regering was bang dat mense sou seerkry as die plofstof sou ontplof terwyl hulle op die skip was en het opdrag gegee dat dit opgeblaas moet word. Die geweldige ontploffing het die skip in klein stukkies verbrokkel wat oor vyf km in die duine versprei le. Dan is dit weer duine tot aandete toe.

VRYDAG: 12 JULIE

Ons vertrek net na ontbyt terug Luderitz toe. Ons behoort teen drie-uur by die teerpad  uit te kom en dan kan elkeen sy eie rigting gaan.

LET WEL
Die vorige Saddle Hill toere het heeltemal van hierdie een verskil. Dit was net vier dae, ons moes die eerste aand vir onsself sorg en moes ons eie kos in die woestyn maak. Ons moes by Saddle Hill kamp ook. Nou het alles verander volgens versoeke.
Bring genoeg brandstof. Ons gaan 450 km in sand ry. Petrol 170 liter en diesel 140 liter alles tesame in totaal saam met jou tenk. Daar is noodbrandstof by Saddle Hill, maar dis duur.
Alle etes en eetgerei word voorsien, maar bring snacks, sonbrandgoed, eie beddegoedvir enkelbeddens, visgereedskap, kampstoel is welkom, aas, handdoek, kamera, eie eetgerei, eie glase, bandepomp en meter, flits, toiletpapier, genoeg drinkgoed. Die water daar is effens brak.  Bereken jou drinkgoed behoefte, maal dit met twee en tel nog vyftig persent by, dan sal dit genoeg wees..Onthou die ZA plakker vir jou 4x4 en jul PASPOORTE!!  Laat weet die assuransie en mediese fonds jy gaan land uit. Dis die nuwe reeling.
.
Die koste is R         per persoon wat die eerste aand akkommodasie en etes insluit, sowel as al die etes, geriewe en visvangpermit, slaapplek by Saddle Hill.
Daar is beddens, maar ons moet ons eie beddegoed bring. Kinders 5jaar en onder is gratis, 6 – 11 jr. R         ,  12 – 17jr. R         , 18 jr. en op is volprys. Vir meer as een kind onderhandel met my. Fooitjies is nie by die prys ingesluit nie.

 

Hierdie is die beste sandry trip wat jy in jou lewe sal beleef met pragtige natuur en geskiedenis as bonus. 
Net voertuie met laestrek kan saamgaan en nie wiele met binnebande nie. Daar moet voor en agter jou voertuig ‘n plek wees om ‘n sleeptou aan vas te maak -----vir ingeval jy iemand moet help.

Elkeen is verantwoordelik vir sy eie Mediese Versekering.

KONTANTOORBETALINGS: As julle ‘n kontant-oorbetaling, reken ‘n 5% kontant deposito fooi  in by die bedrag wat julle gaan oorbetaal.

KANSELLASIES: Al die kostes is voor 30 dae alreeds oorbetaal aan die verskillende instansies soo bv. blyplekke en aan die mense wat die etes voorsien. As julle binne 30 dae kanselleer, kan ons nie jul gelde terug waarborg nie.
Op pad is daar plekke om by te bly.
Vastrap gastehuis 2km buite Grunau.  tel 0026463 262063
Klein Aus Vista by Aus  0026463 258021.
Obelix by Luderitz. As jy dalk vroeer wil aankom.  0026463 203456

 

Groete Francois

My noodnommer is 082 491 5900