GURAPAN KALAHARI DUINE TOER:    5 – 9  SEPTEMBER 2018

Hierdie is nie ‘n besigtings-toer nie, dis ‘n Kalahari spelery……….
Piet Kotze het die pad wat hy moet ry om die 17000 hektaar van sy plaas te versorg, baie lank en eentonig gevind en toe ‘n roete deur die duine en los sanddele oopgery sodat hy sy  plaaswerk meer aantreklik vir himself kon maak.

Gaandeweg het meer en meer van die ervare sandryers begin om hom op sy boerderytrippe te vergesel en dan het meer en meer duine deel van sy roete geword. Toe dinge te erg geword het, het hy ‘n pad uitgele wat vriendelik teenoor die natuur is en ‘n ervare 4x4 man se bloed  vinniger laat klop.
Gurapan le net 107km van Upington af op die Gemsbokpark pad. Die pan le regs langs die teerpad wat  Askahm toe loop, wat dit maklik maak vir mense met waentjies en karavane om sonder moeite daar te kom. Dit is ‘n baie groot soutpan met aanloopbaan en ablusie geriewe.
Ons gaan al drie die aande op dieselfde plek bly en Piet het spesiaal vir ons toilette en warm storte gebou.
Die span van Wolmaransstad gaan weer kos maak, wat beteken dat ons, ons noual sal moet begin uithonger as ons nie wil rol nie.

Piet het ‘n span mense aangesit om al die bosse wat ons voertuie mag krap skoon te maak.Daar is ook ‘n muisroete by die plekke waar die hardebaardmanne self klei…..of is dit sand sal trap!!! Dit beteken dat elkeen ‘n kans sal kry om sy staal te wys, terwyl ons mak manne nie nodig het om ons voertuie te veel te straf nie.Op ‘n stadium gaan ons deur ‘n wildkamp met Gemsbokke, blesbokke en nog ander wild.

DAG EEN WOENSDAG :   5 SEPTEMBER 2018
Ons kom  gedurende die middag van Woensdag 6 September by Gurapan aan sodat jy genoeg tyd het om tent op te slaan en kamp te maak,  sodat ons teen sesuur by die kampvuur kan bymekaarkom vir registrasie, lekker nonsens praat!!! en ete half agt.

DAG TWEE DONDERDAG:    6 SEPTEMBER  
Vandag vat ons ons die makker deel van die plaas aan en gaan ongeveer 100km vir die dag ry. Die roete loop deur sandvlaktes, oor panne en deur genoeg duine. Ons kry kans om die mooi van die Kalahari met sy unieke plante en duine te waardeer. By al die moeilike plekke is daar ompaadjies wat gewoonlik nat van die trane isvan die manne wat gedink het hulle kon!!!!
Ons beplan om so teen half ses die middag weer terug in die kamp te wees

DAG DRIE  VRYDAG & SATERDAG :  7 & 8 SEPTEMBER 
Vandag sal daar kans wees om genoeg te speel. Ons gaan nie weer so ver ry nie, maar die duine raak nou groter en losser, maar nie totaal onrybaar nie. Ompaaie is spesiaal gemaak sodat ons wat sukkel nie die ander ophou nie, alhoewel daar darem kans vir lag en fotos neem ook is.
Hierdie is sandryplesier soos net die Kalahari kan bied. Ons sal weer so half ses terug in die kamp wees en vanaand hou ons konsert rondom die kampvuur. Piet ry spesiaal hout van die ander plaas af aan vir hierdie kampvure in die aand.

DAG VIER SONDAG 9 SEPTEMBER 
Ontbyt is agtuur en dan is dit weer ons en die laaang pad huis toe.

LET WEL:
Ons het die toer met een dag langer verleng om dit net meer LEKKERDER te maak. Die roetes en dae kan omgeruil word.

Die koste is R4700.00 per persoon wat die kampplek, etes, gidse en roetekostes insluit.
Kinders: 5 jaar en jonger is gratis. 6 – 11 jaar is R 1600.00, 12 – 15 jaar is R 2350.00 , 16 en ouer is volprys.      
Vir meer as 1 kind, onderhandel met my.

Die kostes vir die chalets is  R5790.00  per persoon vir die  tydperk wat ook al die kostes insluit. Enkel persone wat nie wil deel nie, gaan 15% ekstra betaal. Fooitjies is nie ingesluit by die prys nie.. As julle ‘n chalet wil he, moet julle  ook die deposito van die chalet tesame met julle vorm ook vir ons stuur, asseblief. Ons het ‘n waglys van mense vir chalets.

Kontant Oorbetalings: As julle ‘n kontant-oorbetaling doen, reken 5%  kontant deposito fooi in by die bedrag wat julle gaan oorbetaal.

Kansellasies: Al die kostes is voor 30 dae alreeds oorbetaal aan die verskillende instansies soos bv.blyplekke en aan die mense wat die etes voorsien. As julle binne 30 dae kanselleer, kan ons nie jul gelde terug waarborg nie.

Jy moet jou eie kampgoed, eetgerei, drinkwater, en ander drinkgoed genoeg, flits, toiletpapier, handdoeke, kamera, verkyker, bandepompie en drukmeter saambring. Bring ook iets saam om die padkos in te sit.
As jy ‘n sleeptou het bring hom saam---- om die ander te help!!!!
Bring genoeg drinkgoed want die keel word droog van al die stof.
Die aande kan baie koud word. Bring warm klere en komberse.

LET WEL:
Die toere raak vining volbespreek en ons het ‘n lang waglys. Dis beter om u bevestigingsvorm en deposito lank voor die sperdatum in te stuur om u plek te verseker. Na die sperdatum gaan die mense op die waglys geplaas word.

Alhoewel ons van Upington tot weer daar net 400km gaan ry, beveel ek aan, die ouens met klein brandstoftenkies om‘n kan petrol by die kamp te los vir wanneer die seuntjie in die man soveel speel dat die sous min word.
Net voertuie met laestrek kan saamgaan.

Elkeen is verantwoordelik vir sy eie Mediese Versekering.

Groete
Francois        My noodnommer is 0824915900