GEORGE EN KNYSNA. 14 – 18 NOVEMBER 2018

Ons het vanjaar weer toestemming gekry  om die woude in die George Knysna verbode plekke  te ervaar. Ons het egter ‘n hele paar pragtige roetes gekombineer en ingesluit om die naweek die moeite werd te maak. Ons toer is van Woensdagmiddag tot Sondag.
Ons bly al vier die aande op dieselfde plek. Die winste gaan vir die kinderhuis op George.
Baie dankie aan Aubin de Jongh en die Lions Klub van George vir die reelings en harde werk

WOENSDAG     14 NOVEMBER 2018/
Ons kom almal tussen vier en ses by die kantoor van die George Lions Klub om te rapporteer en daarna ons blyplekke te kry. Ons bly almal by die PINE LODGE OORD, dis so 3 – 4 km. van die Lions Klub waar ons almal saam eet. Aandete sal half agt by die Lions Klub wees waar alle etes vir die hele naweek bedien sal word om agtuur soggens en agtuur saans.

DONDERDAG    15 NOVEMBER
Ontbyt is agtuur en ons vertrek negeuur na Vleesbaai  75 KM , waar ons die pragtige sandroete deur die duine wat tot die see strek, gaan aandurf.
Daarvandaan volg ons die pad vir 2 km tot by Fransmanshoek met die ongelooflike uitkykpunt oor die see.
Nou ry ons oor die Gouritzrivier om 15 km verder by die Cansa roete aan te sluit wat ons vir 28 km gaan besig hou in die duineveld fynbos.
Ons eindig baie na aan die Gouritzrivier mond  15 KM en as daar tyd is, kan die waaghalsiges dalk nog ‘n bungy spring maak.
Hiervandaan gaan ons terug kamp toe  78 KM om aandete agtuur te geniet.

VRYDAG    16 NOVEMBER
Na ontbyt vertrek ons van George af met die ou historiese Montagu  Pas na Louvain. 52 KM. Hiervandaan vat ons die ou Duiwelskoppas  30 KM wat in 1770 die enigste  ossewa roete tussen die Karoo en die see was. Dis nou regtig ‘n roete net vir 4x4 voertuie en eindig by MTO se Bergplaas stasie. Ons het nou reg om George gery en kom by Wildernis uit vanwaar ons 35 km padlangs blyplek toe ry. Ons sal net betyds vir aandete terug by die Pine Lodge wees. Glo my, hierdie dag het soveel te sien en ry in, dat ons kragte vanaand ‘n herlaai gaan  nodig he.

SATERDAG    17 NOVEMBER
Miskien sal ons die vertrektyd effens vervroeg omdat vandag die hoogtepunt van die toer is.. Ons sal die Vrydagaand saam besluit.
Ons ry vanaf George met die ou Knysna – pad wat in 1905 gebou is, eers deur ‘n klein passie wat ons verby Karatara, 70 KM  die bosbou dorpie, en dan Hoogekraal neem. Nou ry ons oor die Homtinipas tot by Rheenendal voor ons met die Phantom pas afgaan tot by die Witbrug oor die lagoon by Knysna 70 KM.

Nou volg ons die teerpad langs die lagoon tot ons wegdraai bosse toe. Ons gaan oor ‘n laagwater bruggie en deur ‘n kort, steil passie na Gouna vanwaar ons Kom se pad vat.
Nou is ons in die Knysna Bos waar Daleen Matthee haar boeke geskryf het.
Hierdie roete eindig in die ou Prins Alfred pas. Ons gaan eers steil op na ‘n uitkykpunt waarvandaan ons oor die Knysna Bosse uitkyk om te kan sien waar ons regtig is.Ons gaan ook na een van die heel groot bome wat julle net moet sien.

Nou draai ons af verby die Diepwalle bosboustasie in ander deel van die bosse in op ‘n paadjie waarvan baie min mense weet. Hier was jare gelede ‘n goudmyn. Ek was self nog nie daar nie, maar ons het ‘n gids wat vir ons gaan wys wat nog oor is van die mynery... Ongelooflik. Dit is so ruig dat ‘n helicopter wat daar geval het, eers na sewe jaar gevind is. Die pad is egter mooi oopgesaag net vir ons.

Dit gaan miskien effens laat wees as ons die teerpad terug kamp toe  60 KM. vat na ‘n ongelooflike dag in plekke waarvan ons net hoor.
Die dae mag omruil en die roetes aangepas word, afhangende van die weer.

Vanaand hou ons konsert as ons nog krag oor het.

SONDAG    18 NOVEMBER
Na ontbyt vertrek  almal op hulle verskillende rigtings huis toe.
Ek beveel egter sterk aan dat ons die ou Prins Alfred Pas vat vanaf Knysna wat ons naby Uniondale weer op die hoofpad Transvaal toe uitbring. Dit gaan ‘n uur langer neem, maar dis regtig baie mooi en jy kan dit op jou eie doen.

LET WEL.
Die koste vir die hele tyd is R 5950.00  per persoon. Dit sluit die chalets en etes in.. Kinders 5 jaar en onder is gratiss, 6 – 11 jaar is R2450.00, en 12 – 15 jaar is R3500.00  16 - 18 jaar is R4300.00 as hulle 2 ouers se kamer deel , en ouer op, is volprys.
Alle etes, toegangsgelde, gidse, roetekostes, en  CHALETS  is ingesluit.
By ontbyt het ons ‘n tafel waar elkeen sy eie toebroodjies vir middagete kan maak. Bring iets om dit in te sit. Bring net ‘n handdoek, toiletpapier flits, kamera, warm klere vir ingeval, jou eie eetgerei, bord, kampstoel, en drinkding.  Bandedrukmeter, pomp, sleeptou as jy het.
Daar is ‘n ten volle toegeruste kroegie by ons eetplek, maar hulle het geen probleem as ons ons eie drinkgoed wil saambring nie.

Daar is ook ‘n kroeg en restaurant by die Oord.

Ons het geen spesiale ekstras vir ons voertuie nodig nie en brandstof is oral beskikbaar Sorg dat daar genoeg drinkgoed in die voertuig is, die dag kan lank word.
Ons voorsien tweerigting radios vir al die voertuie. Sorg asb dat daar ‘n aansteker sok beskikbaar is.

GEEN ander 2-rigtingsradios wat inmeng met ons seine nie, asseblief.

Elkeen is verantwoordelike vir sy eie Mediese Versekering.

Kontant oorbetalings: As julle ‘n kontant oorbetaling doen, reken 5% kontant deposito fooi in by die bedrag wat julle oorbetaal.

Kansellasies: Al die kostes is voor 30 dae reeds oorbetaal aan al die instansies waarheen ons gaan, bv. blyplekke en aan die mense wat ons etes voorsien. As julle binne 30 dae kanselleer, kan ons nie julle gelde terug waarborg nie

 

HOE OM DAAR TE KOM:

As jy van die N2 Mosselbaai se kant af George inkom met YORK STRAAT kry jy die Lions Klub  regs.

Aubin de Jongh 083 300 9702.
As jy nie ‘n bevestigings vorm het nie, skakel Martie (kantoor) 011 9025066

 

GROETE
FRANCOIS
MY NOODNOMMER: 0824915900