RSG4X4KLUB EKSPEDISIE NA DIE DRAKENSBERGE EN GELUKSBURG.
25 – 29  APRIL 2018

Hierdie is n’n baie unieke uitstappie met wonderlike ervarings. Ons bly vier aande by die gastehuis op Geluksburg, ‘n klein dorpie met ‘n groot storie.

Om daar te kom.

Vanaf die Rand ry ons met die N3 verby Harrismith asof jy see toe gaan. Hou aan tot by Swinburrn waar jy regs draai. Ry oor twee brue (+ --)1 km. en draai regs by die bordjie wat wys GINA’S Selfcatering. Dis waarheen ons op pad is.
Na 13 km kry ons die volgende bordjie wat ook so wys. Geniet die pragtige natuurskoon.
Die Tintwa berg is reg voor ons en aan die linkerkant le die Verlore valley. As jy sien hoe steil dit af is, verstaan jy dat die mense nie dikwels kon uitkom nie. Verder links le die Van Reenenspas . Nou ry ons deur die Middledale Pas met die Maanhaarrand links en Natal in die verte.
Na 22 km na die tweede GINA’S bordjie ry  jy Geluksburg binne. Draai links by die volgende GINA’S bordjie en die plek is op die volgende hoek. Daar sal jy jou kamer vir die naweek kry.

DAG EEN   WOENSDAG 25 APRIL. 
Ons kom seweuur die aand by die gemeenskapsaal bymekaar waar ons die naweek se program sal bespreek en lekker potjiekos eet.

DAG TWEE   DONDERDAG 26 APRIL
8h00 Ontbyt by die gemeenskapsaal en ons vertrek 9h00 . Ons ry 10 km en draai af op die Kwaggashoek pas en net voor die hek weer links. Hier begin die ou Bezuidenhoutspas wat eertyds voor die Van Reenenspas die roete Natal toe was, maar nou ‘n lekker 4rx4 pas is. Jy sal die 4x4 hier geniet vir die volgende 5 km tot ons die uitsig bo by die beeskraal sal waardeer.
As almal bo is, gaan ons na die Retiefklip toe waar ons iets ligs gaan eet.
Nou gaan ons na die brons beeld van die Kaalvoetvrou. Dis Johanna Smit wat gese het sy stap liewer kaalvoet oor die Drakensberge as om in Natal onder Britse bewind te bly.
Die uitsig hiervandaan oor die Drakensberge en die Woodstock dam onder is asemrowend.
Op pad terug slaapplek toe maak ons ‘n draai by die tonnel waar die wegbreek groep boere in die Verlore Vallei af is met hul ossewaens om vir 150 jaar in die Verlore Vallei te gaan woon.
Aandete is seweuur.

 

DAG DRIE   VRYDAG  27 APRIL.
8h00 ontbyt. Ons vertrek 9 uur en ry die Middledale Pas uit tot by Tannie Corrie by die Protea roete. Hier agter die Tintwa Berg is die mooiste uitsigte en baie Proteas en nog ‘n paar verrassings.
Ons gaan ook ‘n klein entjie stap om die aasvoels se broeiplek en die mooiste uitsigte te sien.
Nou is daar ‘n tegniese stukkie net vir die bestuurders wat die adrennalien wil laat pomp.
Aandete is seweuur by GINA’S

DAG VIER   SATERDAG 28 APRIL
8h00 ontbyt.
Vandag gaan ons in die verlore af. Gelukkig is daar nou ‘n pad. Onder in die valley is ‘n klomp unieke Geelhoutbome waar ons middagete gaan hou.Nou vat ons die roete op die maanhaarrand tot by Joey se afdraai verby ‘n baie mooi waterval en terug blyplek toe via die Shabalalas roete deur die berge.
19h00 Braai by die Lapa, maar as die weer sleg is, by die saal.

DAG VYF   SONDAG 29 APRIL
8h00 Ontbyt by die gemeenskapsaal en daarna is almal weer op pad na sy eie heiligdom.

LET WEL.
Die kostes is R4950.00 per persoon en alle blyplek, etes en padkos is ingesluit. Enkel persone wat nie wil deel nie, gaan 15% ekstra betaal. Fooitjies is nie ingesluit by die prys nie.

Ons wil net noem dat spyskaarte ‘n verskeidenheid van keuses het, en mense wat op spesiale dieete is, sal moet self reel daarvoor.
Daar is ‘n kontantkroeg beskikbaar
.
Die roete is slegs geskik vir 4x4 voertuie met lae strek. Jy het geen spesiale toerusting nodig nie.

Kontant Depositos: As julle n kontant deposito doen, reken n 5% by u oorbetaling.Dit is vir die kontant deposito bankfooie.

Kansellasies: Al die kostes is voor 30 dae alreeds oorbetaal aan die verskillende instansies waarheen ons gaan, bv. alle blyplekke, etes en die  spyseniers. As julle binne 30 dae  kanselleer, kan ons nie jul gelde terug waarborg nie.

As julle oorbetalings doen, faks of e-pos die bewys daarvan na 0866678018  e-pos: info@4x4sport.co.za
Groete
Francois
My noodnommer is: 0824915900