ONS UNIEKE SPESIALE BERGPASTOER DEUR LESOTHO :  13 – 19  JANUARIE 2018


Lesotho is sekerlik die bergagtigste land in Afrika. Dit bestaan net uit berge, riviere en passe. Soos die ontwikkeling aangaan, word al hoe meer passe geteer en stadig, maar seker is die 4x4 paradys besig om te kwyn. Op die oomblik is die werkery sterk aan die gang om Sani Pas te teer, maar ons het darem ‘n kans gehad om hom in Januarie 2017 vir oulaas in sy ou glorie te ry.
Daar bly darem nog heelwat van die paradys oor en al is party passe geteer, is dit baie mooi en afgelee. Ons het ‘n roete uitgewerk wat die heel meeste passe in  Lesotho dek en byna ‘n duisend kilometer kruis en dwars deur die Bergkoninkryk kronkel. Blyplekke is skaars, maar op die ou einde het ons die roete van die een lodge tot die ander oor agt dae saamgestel en gaan ons kans kry om die hele land te sien in een week. Brandstof is ook beskikbaar waar nodig en ons gaan buite die sneeutyd om die risiko van vassneeu te verminder. Jy het geen spesiale toerusting nodig nie, net ‘n 4x4 met laestrek.


DAG EEN 13 JANUARIE


Ons kom by Moolmanshoek in die Oos Vrystaat nie te ver van die grens af nie, bymekaar betyds vir aandete. Dis pragtig en as jy ‘n dag voor die tyd al wil gaan is hulle  Tel.   051 933 2220


DAG TWEE 14 JANUARIE


Ontbyt is seweuur en ons ry agtuur. Ons ry tot by Fouriesburg waar ons brandstof volmaak. Nou gaan ons by Caledonspoort deur die grens en draai by Butha Buthe links. Ons ry met die teerpad aan en klim die baie steil Moteng Pas tot bo waar ons 3000 meter bo seespieel is. Ons ry verder deur die Tlaeeng Pas wat die hoogste teerpadpas in Afrika is.  Net na ons by die Letseng Myn verby is waar hulle gereeld diamante van oor die honderd karaat uithaal, draai ons af op die grondpad wat ons verby die perseel van die derde dam wat in die Lesotho Hoogland Waterskema gebou gaan word. Ons gaan verder tot by Katze Dam waar ons die aand in die Katze Lodge bly.  Aandete is seweuur en vars Forel uit die Katze  is die lekkerny wat wag.


DAG DRIE 15 JANUARIE.


Ontbyt is seweuur en ons ry agtuur.  Ons gaan eers ‘n bietjie na die dam en omgewing kyk by Katze Village waarna  ons weer die grondpad pas vat wat ons na Thaba Tseka toe neem. Vanaand gaan ons moeg wees en slaap in die Mohale OH Masite hotel in Thaba Tseka. Aandete is seweuur.


DAG VIER 16 JANUARIE.


Ontbyt is seweuur en ons vertrek agtuur. Ons ry met die grondpad pas oor Taung en Sehonkong en draai net voor die Matabeng pas regs weg na Quachas Nek. Ons kruis die Senqu rivier en die bolope van die Oranje. Toe ons die roete gesoek het, het die Matabengpas meer as ‘n halfdag geneem om te kruis. Hulle is besig om hom reg te maak. Miskien volgende keer, maar ons gaan More met ‘n ompad tot anderkant. Quachas Nek is by die grenspos na Matatiele, maar ons bly twee aande by die New Central Hotel nog in Lesotho, want ons is nog nie klaar met hom nie.. Aandete is seweuur.


DAG VYF 17 JANUARIE


Ontbyt is seweuur en ons ry agtuur. Vandag ry ons verby die Ramatsilitso hek in die rigting van Sehlabatebe Nasionale Park. Hier is die mooiste lodge ‘n paar jaar gelede gebou teen ‘n koste van R109 Miljoen. Dis volledig toegerus met meubels, beddegoed, eetgerei en die mees moderne kombuis, maar niemand het nog daar gebly nie, want hulle kry nie ‘n bestuurder vir die plek nie. Nou staan en vergaan die pragtige plek. Ons ry ‘n baie mooi sirkelroete wat ons vanaand weer terugbring by die New Central Hotel. Dis regtig ‘n baie mooi dag deur die mooiste grondpadpasse. Aandete is weer seweuur.


DAG SES 18 JANUARIE


Ontbyt is seweuur en ons ry agtuur. Vandag ry ons op teerpad oor baie mooi passe op die kruin van die berge langs verby Whitehill en Seforong tot by Semonkong waar ons na die pragtige Maletsunyane waterval gaan kyk wat 192 meter val. Dis baie besonders en ‘n sowat tien km van die hoofpad af. Ons ry tot by die uitkykpunt waarvandaan die valle op sy mooiste is. Nou ry ons weer teerpad en stop op die punt waar jy die Baboons Pass kan sien. Dis die pas waar die gek ouens hulle voertuie gaan opvoeter ! Nou ry ons tot by Ramabanta Trading Post waar ons die aand gaan bly.


DAG SEWE 19 JANUARIE


Ontbyt is seweuur en ons ry agtuur. Ons ry oor Nkesi Pas verby Roma Trading Post en Makalanyane en dan deur die teerpadpasse tot by Maseru.  Ons hoop om so by drieuur oor die grens te wees. Die mense wat wil gaan weer die aand by Moolmanshoek naby Ficksburg bly en die wat haastig is, kan huis toe vertrek. Daarom is die laaste aand se koste nie ingesluit by die toerprys nie.


LET WEL
Kredietkaarte werk nie oral in Lesotho nie en daarom moet ons voorsiening maak vir kontant vir drankies en brandstof. By twee van die lodges verskaf hulle nie wyn en slingersous nie. Daarom moet jy self voorsiening maak. Onthou, dis Lesotho . Jy moet ‘n tas vol geduld saambring. Die diens is maar stadig, oral !!  Bring ‘n handdoek, toiletpapier, sonbrandgoed, paspoort, flits, drinkwater en peuselgoed saam.  Omdat ons nie die kwalitiet van die water oral ken nie, moet jy ‘n paar botteltjies drinkwater saamry.


Lesotho se goeie blyplekke is skaars en duur. Alle kostes is ingesluit. Alle etes en verblyf. Jy moet net self sorg vir jou drinkgoed.


Bring warm klere ook saam, want die weer kan baie vining verander omdat ons meestal in die omgewing van 3000 meter bo seevlak beweeg. Dis Afrika, daarom moet jy genoeg geduld ook saambring.  Bring ook sonbrandgoed, toiletpapier, flits, handdoek en iets om die middagete se kos in te pak. Genoeg drinkwater EN PASPOORTE.


Die koste is R8500 per persoon wat alles insluit soos slaapplekke, al die etes en padkos. Fooitjies is nie ingesluit by die prys nie.


Ons verskaf tweerigting radios. Sorg dat daar ‘n oopaanstekersok is om dit in te prop. Bring peuselgoed en drinkgoed vir die pad.. Werk uit hoeveel drinkgoed jy gaan nodig he, maal dit met twee en tel 50% by.


Ons wil net noem dat spyskaarte “n verskeidenheid van keuses het, en mense wat op spesiale dieete is, sal moet self sorg daarvoor.


Elkeen is verantwoordelike vir sy eie Mediese  Versekering en laat weet jou Mediese Fond dat jy land-uit gaan.
Laat weet jou Versekering jy gaan land-uit.


Kansellasies: Al die kostes is voor 30 dae alreeds oorbetaal aan al die verskillende instansies soos bv. Blyplekke, spyseniers, roetekostes ens.  As julle binne 30 dae kanselleer, kan ons nie julle geld terug waarborg nie.


Kontant-oorbetalings: As julle ‘n kontant-oorbetaling doen, reken ‘n 5% kontant deposito fooi in by die bedrag wat julle gaan oorbetaal.


Groete
Francois
Noodnommer: 824915900