ALBERTON 4X4 GESINSDAG 1 SEPTEMBER 2018
Vanjaar gaan ons die Alberton se gesinsdag op Saterdag 1 September hou. Dan is dit al effens warmer en dis ook sommer ‘n lekker lente begin. Dit gaan weer op die Meyerplaas by Alberton wees, maar nie so ‘n groot fees wees nie. Ons gaan net  baie lekker 4x4 skattejag. Daar  gaan geen toegangsgelde by die hek wees nie. Elke voertuig gaan R 300.00 betaal om deel te neem ongeag hoeveel mense saam ry. Die geld gaan alles vir die NG Kerk Alberton Oos. Ons gaan weer op ons ou manier 4x4 skattejag hou.
Die roete is spesiaal so uitgewerk dat jy met jou elke dag 4x4 kan kom deelneem. Die takke is gesny sodat die voertuie nie krap nie. Die roete gaan deur baie mooi plekke. ‘n Mens kan nie glo dat dit so mooi so naby aan die dorp kan wees nie. Die roete gaan oor die plaas en tot bo op die berg met ‘n nuwe pad wat ons laat maak het. Spesiaal om te verhoed dat ons ‘n bottelnek daar kry en ons in ‘n lang tou moet wag. Dan kruis dit ‘n paar  driffies en bring jou weer by die beginpunt uit. Geen kunsmatige hindernisse word gebruik nie. Ons het twee plekke waar die manne en die muise hulle roete kan kies sonder om punte te verloor.
Die  kompetisie bestaan uit ‘n skattejag en die hele gesin kan deelneem. Almal kan help soek of dink aan die antwoorde op die vrae. Jy kan by enige hindernis die ompad vat sonder om enige punte te verloor en daar is ‘n paar opsionele hindenisse vir die braafste ouens. Alle voertuie wat deelneem moet 4x4 met lae strek he. Geen spesiale toerusting of spesiale bande word benodig nie. Jou Sondagkar kan dit ook doen.
Vir die kompetisie word 50 kriptiese vrae gevra en jy sal al die antwoorde op die roete kry. Jy sal egter moet wakker wees as jy al die vrae wil reg kry. Daar is ‘n prys vir elke voertuig wat sy antwoordestel ingee aan die einde. Die eerste prys is ‘n stel General A/T bande en Iron Man het heelwat lekker 4x4 pryse gegee. Daar is ook ‘n piekniekmandjie uit Engeland met al sy nodige gerei.
Die roete is ongeveer twaalf kilometer lank, maar as jy die antwoorde gaan soek, gaan dit jou minstens drie ure neem, so begroot vir die hele dag. Die eerste voertuie sal half nege die oggend wegspring en as hulle terugkom sal die braaivleisvure brand. Daar iets te ete te koop ook wees. Daar sal egter nie ‘n kroeg wees nie.. By die wegspring sal sulke lekker brekfisburgers te koop wees. Goedkoop en lekker.
Om by die plaas uit te kom, neem FORE STRAAT in ALBERTON en ry wes TOT ONDERDEUR DIE BRUG BY DIE SNELWEG. VOLG NOU DIE BORDJIES.
Die prysuitdeling is Vyuur die middag.  Daar is ‘n baie lekker groot stoor vir as die weer dalk onplesierig sou raak. Die eerste voertuie sal Saterdag 1 September om half nege wegspring, maar omdat elkeen sy eie roetekaart kry en die roete baie mooi gemerk is, kan jy enige tyd tot eenuur wegspring en op jou eie tyd ry.
A s jy jou plek voor die tyd wil verseker, skakel gerus vir Martie by 011 902 4066 of Francois 082 491 5900, maar almal is welkom om op die dag te kom inskryf.
Groete  Francois 
NB:
Om by die plaas te kom van die N12 snelweg af draai af by die Voortrekker str afrit. Hou dan suid in die rigting van Alberton.
By die eerste robot draai jy regs in RINGPAD WES..
By die klipkerk draai jy regs in FORE STRAAT
Hou reguit aan verby die sekuriteit tot onderdeur die snelweg.
Dan is jy op die plaas. Volg die 4x4 borde.